Tuis. 09

(Tuis.) #1

eko-huis


September 2017 tuis 43


Die droom word groter
“Dit het alles begin met ’n paar foto’s op die internet en ’n vae idee van hoe ek
wou hê die eindproduk moes lyk” verduidelik Lucas. Vir die huis is twee houers
(12 m lank x 24 m breed x 27 m hoog) aanmekaargesweis. “Soos met die
meeste bouwerk het ’n twee maande lange projek ontaard in vier maande se
bloed sweet en trane!” sê hy.
Een van die uitdagings was dat die erf teen ’n heuwel geleë is; dis ook ver van
die plaas se hoof-infrastruktuur daarom moes alles met ’n trekker aangery word.
En omdat dit lank geneem het voor lopende water en elektrisiteit aangelê is
moes Lucas ’n kragopwekker gebruik. Vir hom was die hele proses een van leer
en probeer.
Pleks daarvan om ’n deel van die heuwel uit te grawe vir die eenheid se
fondament is die houers op pilare geplaas wat diep in die grond versink en met
beton en bakstene verstewig is vandaar die hoë voorkant. Aan die binnekant is
die mure geïsoleer met mineraalwol – verhitte materiaal wat in nie-brandbare wol
gespin met ’n harslaag bedek en saamgepers is. Daarna is die binnemure
beklee met herwinbare MagnaBoard. Die dek is gebou van gesweiste
vierkantstaal en duursame balau-hout wat min onderhoud vra.
Lucas het die blyplek Copia genoem (Latyns vir “oorvloed”) en tans is hy besig
om sy nuwe sakeprojek uit te brei met nog ’n paar verhuurbare eenhede. >>

Mure van die braai-area en
buitekant geverf met Powafix
Wallshield Matt (dis donkerblou
met ’n grys ondertoon getint)

Free download pdf