Tuis. 09

(Tuis.) #1
Nuwe begin
René Schoeman van
Springs skryfEk is mal
oor jul tydskrif en kan elke
maand skaars wag vir die
nuwe uitgawe. Onlangs
ná my egskeiding
het ek na ’n huurhuis
getrek – een sonder ’n
kombuis! Maar toe maak
ek ’n plan want ek sien
kans vir enigiets: Met
R103 se hout en wiele
’n blad wat ek present
gekry het oorskietverf en
handvatsels van my eie
besigheid L’Avenir het ek
’n ou kas omgetower in
iets wat ek nou elke dag
met trots gebruik.

So maak jy mooi met min
Olga Kruger van Kimberley skryfEk woon in
’n ou herehuis wat in 1933 deur ’n meesterbouer
as trougeskenk vir sy dogter gebou is. Sedert
2013 toe ek die plek gekoop het is ek stadig
maar seker besig om dit op te knap – met my eie
hande optelgoed en verder baie min. Die huis spog
nog met sy oorspronklike houtvloere plakpapier
koper-deurknoppe gebrandskilderde glasvensters
skuiframe ingevoerde marmerkaggels uit Carrera
Italië en nog baie meer. Ek geniet die uitdaging –
hier is ’n foto van een van die slaapkamers.

Jou skrywe “Hoe ouer
hoe beter” (Junie 2017)
lê my na aan die hart. Toe
ek onlangs met Delta Air
Lines na die VSA vlieg het al
die lugwaardinne grys hare gehad en
leesbrille gedra – ook ’n vlugkelner
ǀĂŶŝŶĚŝĞƐĞǁĞŶƟŐ͕ĞŶĚŝƚŽƉƐLJĞĞƌƐƚĞ
vlug! ’n Vlieënier van die redery wat
langs my gesit het verduidelik toe: “If
you want the job and you can do the
job you have the job.” Want ervaring
tel! – Susan du Plessis Somerset-Wes

Wedersydse inspirasie
Lennie Gouws van Potchefstroom skryf Na aanleiding
van die pyp-rak in Tuis van April 2017: Die koperpyp-
raamwerk hieronder het my man ’n paar jaar gelede gemaak
toe die oorspronklike wasbakkas begin vrot het en ’n nuwe een
destyds buite die kwessie was.
Die idee kom van ’n pyp-handdoekrak
(links) wat hy vir die klein badkamer in ’n
vorige huis gemaak het – die rak neem
min plek in beslag maar is groot genoeg
om drie badhanddoeke aan op te hang;
ons gebruik dit nog steeds.
Dalk kry Deon inspirasie hieruit! 

WENBRIEF


ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos
na [email protected]. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/
tuistydskrif of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag.

VIR RIANA

Ek het “Meel sout en gis” (Mei
2017) nou al vier keer gelees
want dit is mooi genoeg
om te eet. Sal
jy asseblief
my goeie
wense aan
jou vriendin
oordra en
vir haar laat
weet dat sy
die mooiste
siel is waaraan
ek al bekend gestel is. Ek wens ek kan haar
ontmoet. En ek gaan dadelik jou boeke by
die naaste boekwinkel soek!


  • Rika Crighton Durbanville Kaapstad


>ĂƐŚĞƌƐĞƌĞĞŬƐƚƵŝŶŐĞƌĞĞĚƐŬĂƉŝƐŐĞŵĂĂŬ
ǀĂŶŚĞƌǁŝŶďĂƌĞŵĂƚĞƌŝĂĂůĞŶŝƐƉĞƌĨĞŬǀŝƌ
ŐƌŽĞŶƚũŝĞƐĠŶŐĞƐŽƵƚĞƚƵŝŶŝĞƌƐ͘ŝĠ^ƉƌŝŶŐ
'ĂƌĚĞŶŝŶŐͲŐĞƐŬĞŶŬƉĂŬďĞƐƚĂĂŶƵŝƚ͛ŶŬƌƵŝǁĂ͕
graaf vurk hark heiningskêr 3-stuk-
ŚĂŶĚŐĞƌĞĞĚƐŬĂƉƐƚĞůĞŶƚƵŝŶƐůĂŶŐʹŶŽƵŬĂŶ
ũLJǁĞŐƐƉƌŝŶŐŵĞƚũŽƵǁĞƌĨƐĞŵŽŽŝŵĂĂŬ͊sŝƌ
ŶŽŐŝŶůŝŐƟŶŐ͕ďĞƐŽĞŬlasher.co.za of kry hulle
ŽƉ&ĂĐĞŬ͘

Die skrywer van vandees-
maand se wenbrief slaan
’n Lasher-geskenkpak van R3 000 los!

WEN!


Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.
Free download pdf