82 tuis September 2017
raad E-pos [email protected]
Vra
vir JJ
Ougoed of
hougoed
Bessies vir die voëls
Albin en Sanet Bowler van Kaapstad
skryfOns het ân pragtige lantana in ons
tuin en die voëls smul te heerlik aan die
bessies. Ons is bekommerd dat dit dalk
giftig is; is daar rede tot kommer?
JJ antwoord Jou plant is ongelukkig
die indringer Lantana camara. Dis ân
Kategorie 1b-indringer in Suid-Afrika wat
beteken jy kan vervolg word as dit op jou
erf groei. Die plant is ân probleem omdat dit
met inheemse spesies meeding en hulle
uiteindelik vervang wat nadelig is vir die
biodiversiteit van natuurlike ekostelsels. Die hele plant
is giftig vir mens en dier en die blare veroorsaak
velirritasies. Besoekinvasives.org.zavir nog inligting.
Oud is uit!
Troy Thomson van Benoni skryf Ons is besig om ons eetkamer
op te knap en wil dié stukke verkoop omdat dit nie meer by die
styl van die vertrek sal pas nie. Hoeveel skat julle is dit werd?
Vir ân bietjie
skadu
Albie van Zyl van Kaapstad
skryfEk het onlangs ân huis
in Kaapstad se noordelike
voorstede gekoop. Die sand
voor die huis is baie droog
en daar is nie juis ân tuin om
van te praat nie. Dit kry baie
son deur die dag daarom wil
ek bome plant vir skadu; wat
stel jy voor?
JJ antwoordDie
meeste plante verkies
sanderige grond met goeie
dreinering en goeie belugting
- soos joune. Nogtans moet
jy steeds kompos inwerk. Vir die voortuin stel ek die
volgende voor: bosvlier (Nuxia floribunda) kasuur
(Pittosporum viridiflorum) laventelboom (Heteropyxis
natalensis) of without (Ilex mitis). ân Kaapse essenhout
(Ekebergia capensis) sal ook baie goeie skadu gooi.
Die waterbessie (Syzigium cordatum) of ân laning sand-
oliene (Dodonaea viscosavar.angustifolia) is uitstekende
immergroen opsies. As jy ân heining wil hê sal die Kaapse
kanferfoelie (Tecoma capensis) goed werk.
E-pos [email protected]
Adrian Bolt
an Ashbeyâs
alleries antwoord
lbei jou
eubelstukke is
aie interessant.
ie kombuiskas
an kastaiinghout
i ns; dis in die
Bretagne-streek in die weste
van Frankryk vervaardig vir
uitvoer na die Ooste spesifiek
Turkye. Noemenswaardige
kenmerke sluit die besonderse
teëls in die deurpanele en die
fyn detail van die gebroke
gewel in wat klassieke
Griekse en Romeinse
argitektuur eggo. Die golf-
detail dui aan dat die kas
waarskynlik in ân kusgebied
vervaardig is.
OUDERDOMCirca 189
WAARDE R15 000
Jou moderne oopswaaikroeg is in
die Ooste vervaardig waarskynlik
Indonesië. Die donker mahonie-
oppervlakke versier met koperdetail
maak dit ân treffende meubelstuk.
OUDERDOM1975â2000
WAARDER15 000
KONTAK ashbeysgalleries.co.za
Tecoma capensis
KONTAK JJ van Rensburg is ân tuinboukundige by Garden
World in Johannesburg; besoek gardenworld.co.za. >>
Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen
Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in
sy program ÆÄŬĮÆÅµÄÆÄÆÆÅÄÅ op RSG.
David Dixon/Getty Images
Lukas Otto