Tuis. 10

(Tuis.) #1

Die formele roostuin


102 tuisOktober 2017


lesertuin


1

2

34
5

6

8

7

Geel en appelkoos-
kleurige rose

Pienk rose


Rooi rose


1 Graspaadjies omraam die
formele roostuin en verdeel
dit in kwadrante.
2 Fontein
3 ’n Ry plaveistene rond die
graspaadjies af.

4 ’n Lae heining van
buksbome (Buxus ‘Faulkner’)
baken die vier kwadrante af.
5 Die blou blomme van
weduweetrane (dƌĂĚĞƐĐĂŶƟĂ
virginiana) verskaf kontras.

6 Heuningblommetjies
(>ŽďƵůĂƌŝĂŵĂƌŝƟŵĂ) groei
tussen die rose.
7 Plaveistene om op te loop
8 Obeliske met ‘Blossom
Magic’-rankrose

Die uitleg van die formele roostuin

Waar die formele roostuin vandag is was
voorheen ’n ou kleitennisbaan. Dit is
omgeploeg waarna baie kompos ingewerk is.
“Ons het gedink dis ’n goeie plek vir die
roostuin want rose hou mos van kleigrond”
gesels Barrie. Die roostuin is in vier kwadrante
verdeel wat met graspaadjies verbind word. In
die middel is ’n groot fontein as fokuspunt.
“Skaal en proporsie is belangrik wanneer jy ’n
fokuspunt kies. Sy grootte moet pas by die
plek waar dit staan.”
Elke kwadrant omraam met netjies
gesnoeide heinings van Buxus ‘Faulker’ is
met plaveistene in drie verdeel. In die derde
naaste aan die fontein is rooi rose geplant. In
die middelste derde is die kleur versag met
skakerings van pienk terwyl geel en appel-
kooskleurige rose die buitenste derde vul.
Al die blokke het floribunda-rose aan die
buitekant en hibried-teerose in die middel vir

hoogte. Saam met die rose in elke omheinde
kwadrant groei groepe weduweetrane met hul
oorvloed blou blomme en ’n mat van wit
heuningblommetjies (Lobularia maritima).
Om haar rose so geil te laat blom gee
Barrie hulle twee keer per week suiwer
bergwater; sy strooi ook ’n deklaag van ou
lusern oor die grond en volg ’n spuitprogram.
Wanneer sy rose plant voeg sy Mycoroot
by; dit voed die grond en verbeter wortel-
funksie. Verder bemes sy die roosbome elke
ses weke en kry dit twee keer ’n seisoen
tuisgemaakte kompos.
“Ek ken nie al die rose in die roostuin se
name nie want oor die jare het ek al soveel
vervang en ongelukkig nie die etikette gehou
nie! Maar ek het my gunstelinge: ‘Roberto
Capucci’ ‘Molineux’ French Panarosa-
kultivars en ‘The Prince’ ’n pragtige en
geurige David Austin-roos.”
Free download pdf