Tuis. 10

(Tuis.) #1
KAASKOEKVULSEL


  • 250 ml room

  • 105 g (125 ml) strooisuiker

  • 2 x 230 g roomkaas

  • 15 ml vars suurlemoensap

  • gerasperde skil van 1 suurlemoen


1 Voorverhit die oond. Klits die eierwitte en
suurlemoensap vir die meringue-lae saam
tot sagte punte vorm. Klits die suiker lepel
vir lepel by tot goed gemeng en glansend.
Vou die meel en neute versigtig by. Verdeel
die mengsel tussen drie velle bakpapier en
smeer rofweg in ewe groot sirkels met ’n
deursnee van 23 cm elk (trek met pen
gidslyne agterop die bakpapier as jy wil).
Bak vir 1 uur en laat in die oond afkoel.
2 Klits die eiergele en suiker vir die
suurlemoensmeer saam in ’n mikrogolf-
veilige mengbak tot goed gemeng. Klits nou
ook die suurlemoensap -skil en botter by
tot goed gemeng. Mikrogolf vir 1 minuut
op ’n slag en klits goed ná elke minuut tot
die mengsel dik en glad is. Dit neem sowat
6–10 minute afhangend van jou mikrogolf-
oond. Skep in ’n skoon fles en laat afkoel.
Die mengsel kan tot twee weke lank in die
yskas hou.
3 Wanneer jy reg is om die koek saam te
stel klits die room en strooisuiker vir die
vulsel saam tot styf. Klits die roomkaas en
suurlemoensap tot net gemeng en vou die
room daarby in. As die kaas te styf is spring
in met die klitser maar probeer om nie te
veel te meng nie.
4 Smeer nou ’n dik laag van die
kaaskoekvulsel op elke meringue-laag
gevolg deur ’n goeie skep suurlemoen-
smeer. Trek ’n lepel deur die twee lae vir ’n
marmer-effek. Pak die lae op mekaar en
versier bo-op met mentblare bessies en
grenadellapulp (jy kan hier en daar tussen
die lae ook bessies en mentblare insit as jy
wil). Laat staan vir sowat 30 minute voor
jy weglê.

Koek wat suurlemoen of amandel bevat is ook heerlik as


nagereg. ’n Groot sny dieporanje suurlemoenkoek


is alte mooi langs ’n paar pere in stroop ... hoewel
ek twyfel of die koek dit nodig het.


  • Nigel Slater Britse kosskrywer


Suurlemoenkoek met
olyfolie en ricotta
Dié klam koek is onverbeterlik in sy eenvoud
en die dun lagie glansversiersel rond dit
perfek af.

Maak ’n 23 cm-koek
Bereidingstyd: 35 minute
Baktyd: 50 minute–1 uur
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 4 ekstragroot eiers geskei

  • 150 g (180 ml) ligbruinsuiker

  • 15 ml gerasperde suurlemoenskil

  • 250 ml ricottakaas gekrummel

  • 150 ml olyfolie (jy kan ook kanola-olie
    gebruik)

  • 100 ml suurlemoensap

  • 100 ml gesmelte botter

  • 210 g (375 ml) bruismeel gesif

  • knippie sout
    VERSIERSEL

  • sowat 30 ml vars suurlemoensap

  • 250 ml versiersuiker gesif


1 Voorverhit die oond. Voer ’n losboom-
koekpan met bakpapier uit en spuit met
kleefwerende sproei.
2 Klits die eiergele suiker en suurlemoenskil
saam tot baie lig van kleur. Hou eenkant.
Klits die ricotta olie suurlemoensap en
botter saam tot goed gemeng en voeg dit by
die eiergeelmengsel in gevolg deur die
meel. Klits die eierwitte styf en vou dit laaste
by die beslag in. Skep in die voorbereide
pan en bak in die middel van die oond vir
50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat op ’n draadrakkie afkoel.
2 Keer die koek uit op ’n mooi bord en
maak die versiersel deur geleidelik die
suurlemoensap by die versiersuiker te meng
tot dit dik en glansend is. Giet oor die
afgekoelde koek en gee dit ’n paar minute
kans om te stol voor jy die koek sny. >>

Meringue-stapel
met kaaskoekvulsel
Die beste deel van dié indrukwekkende
nagereg is dat die meringue en
suurlemoensmeer vooraf berei kan word.

Maak een 23 cm-koek
Bereidingstyd: 1 uur 15 minute
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 120 °C


  • mentblare

  • frambose of ander ryp bessies

  • grenadellapulp
    MERINGUE-LAE

  • 6 eierwitte

  • ’n paar druppels suurlemoensap

  • 240 g (300 ml) suiker

  • 70 g (125 ml) meel

  • 200 g neute (ons het pekanneute
    gebruik) fyngekap
    SUURLEMOENSMEER

  • 6 eiergele geklits

  • 200 g (250 ml) suiker

  • 125 ml suurlemoensap

  • gerasperde skil van 1 suurlemoen

  • 125 g botter gesmelt


114 tuis Okober 2017


hoofkos

Free download pdf