Tuis. 10

(Tuis.) #1
2 Vlek die vleis vetkant na onder oop
en geur oraloor goed met sout en
peper. Skep die vulsel bo-op
die lam en rol op met die
vetkant na buite. Bind
vas met kombuistou in
’n netjiese rol.
3 Voorverhit die oond.
Verhit die olie in ’n
vuurvaste oondbak
met ’n deksel en
braai die lam tot
mooi bruin oraloor.
Giet die aftreksel
suurlemoensap en
sommer ’n paar
suurlemoenblare ook
oor sit die deksel op en
bak in die oond vir 2 uur of
tot smeltsag. Laat rus die vleis
vir 20 minute voor jy dit opsny.
Drup die pansappe oor die gesnyde
vleis en sit voor met bulgurslaai en ’n
sprinkel granaatpitte.

Bulgurslaai
Bulgurkoring is ’n lieflike geriefsproduk
omdat dit reeds halfgaar is en blitsvinnig
gereed kan wees. Dit is heerlik in al wat ’n
slaai is om die slaaisous op te slurp. In die
Libanese kookkuns is dit veral bekend as
’n bestanddeel in taboeli (tabbouleh) ’n
pietersielieslaai wat met suurlemoen
gegeur word.

Kook of week250 ml bulgurkoring
volgens die aanwysings op die pakkie.
Kap nou3 sprietuie 6 radyse 250 ml
platblaarpietersielie 125 ml krulblaar-
pietersielieen sowat30 ml vars ment-
blare lekker fyn. Skil ’n komkommer
ontpit en sny in blokkies. Kies ’n
verskeidenheidryp tamaties(sowat 300 g)
en sny in blokkies of skyfies. Dit gee aan
die slaai tekstuur en die mooiste kleur.
Meng al die bestanddele deur die koring
en geur na smaak met sout en
varsgemaalde swartpeper.
Nou vir die geurmiddelsKlits sowat
5 ml gerasperde suurlemoenskil30 ml
suurlemoensapen125 ml goeie olyfolie
saam met ’n knippie fyn wonderpeperen
komyn en meng deur die slaai. Laat staan
vir sowat 1 uur en proe weer vir sout

KONTAKpeper en suurlemoen net voor opdiening.


Karusaf 053 391 3156 karusaf.co.za


Ontbeende lamsnek
met kruie en suurlemoen

Bulgurslaai
Free download pdf