Tuis. 10

(Tuis.) #1

SA PORKPROMOSIE


30 minute voor jy gaarmaak


4 Doop elke skyf eers in die meel. Maak seker dit is
oraloor bedek voordat jy dit in die geklitste eier en
laastens in die broodkrummels doop. Hou eenkant en
herhaal met al die skywe. Sit die vleis in die yskas vir
30 minute voor jy dit braai – dit laat die eierlagie hard
word en keer dat die krummellaag afval terwyl dit
gebraai word.

Gooi dit in die pan!
5 Verhit die olie in ’n pan en braai die varkskywe oor
matige hitte vir sowat 2–3 minute tot goudbruin. Draai
om en braai die ander kant ook vir sowat 2–3 minute tot
bruin. Wees versigtig vir oorgaar maak want dan is dit
droog. Sit onmiddellik voor met fyngemaakte patat en ’n
sampioensous indien verkies.

Die fênsie name
Wat die Franse escalopes noem
en die Duitsers schnitzels is een
en dieselfde ding: beenlose
stukke vark- kalfs- bees- of
hoendervleis (sonder vel) wat
met ’n vleishamer of rolstok in
dunner skywe gekap of gerol
en dan gekrummel en
gebraai word.


  • 1 varkfilet (jy kan ook
    ontbeende varknek of
    selfs ontbeende varklende
    gebruik)

  • 250 ml koekmeel

  • sout en varsgemaalde
    swartpeper

  • 2 eiers geklits

  • 120 g droë
    broodkrummels

  • gerasperde skil van
    2 suurlemoene

  • 1 takkie vars roosmaryn
    fyngekap

  • olie vir vlakbraai


2


Vlek elke skyf deur dit in die helfte te sny (sonder om
heeltemal deur die vleis te sny) en vou dit dan oop. Plaas die
vleis tussen twee lae plastiek of botterpapier en rol die vleis met
1 ’n rolstok dunner tot sowat 1 cm. Herhaal met al die skywe.


Maak die varkfilet skoon en verwyder
enige silwer membrane. Sny die filet in skywe van 5 cm.

3


Geur die koekmeel met sout en swartpeper in
’n bord. Giet die geklitste eiers in ’n vlak bak.
Geur die broodkrummels met suurlemoenskil
en gekapte roosmaryn in ’n aparte
vlak bak of ’n bord.

VARKSKYWE MET SUURLEMOEN
EN ROOSMARYN
Genoeg vir 4 porsies • Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 4–6 minute

Deur


Sonja Jordt *


Foto’s


Justin Patrick


Wenke



  • As jy varkvleis reg gaarmaak

  • nie oorgaar nie – is dit
    geurig sag en sappig.

  • Varkfilet kan heel gaar-
    gemaak word in blokkies
    gesny word vir bredie of
    sosaties en dit maak ook die
    lekkerste schnitzels.

Free download pdf