Tuis. 10

(Tuis.) #1
Oktober 2017 us

Nie twee glase is dieselfde
nie en hulle kom van oraloor:
Spilhaus Woolworths @home
oudhedewinkels – en natuurlik
markies in Argentinië.

Johann en Liesl se huis is nie


jou tipiese Kaapse droomhuis


met ’n panoramiese uitsig op


Tafelberg nie ...


Nee dié huis sal jy eerder eien aan sy bekoorlike sinkdak
en broekieskant – ’n onopgesmukte Victoriaanse
plaashuis teen Tygerberg se hang.
“Dit is presies wat ons wou hê toe ons die erf in 1994
gekoop het” vertel Liesl. “Toe ons destyds laat bou het
moes ons spesiale toestemming kry om sinkplate op die
dak te gebruik omdat dit glo nie by die styl van die buurt
sou pas nie” lag sy oor ’n glasie pienk vonkelwyn.
“Johann het op die 1000 m²-erf reg langs die Frikkie
Knoetze-arboretum afgekom terwyl hy een dag daar
gedraf het. Ons het die grond vir ’n appel en ’n ei gekry
omdat dit nie ’n uitsig op Tafelberg het nie – maar die
park met inheemse bome op ons drumpel is vir ons meer
werd as ’n uitsig.”
Liesl ’n musiekonderwyseres het die huis self beplan.
Nadat sy ruwe sketse gemaak het het ’n argiteksvriend
Bertie Schreuder die formele planne opgetrek.
Die huis bestaan uit onder meer drie slaapkamers en
drie leefkamers wat uitloop op ’n L-vormige stoep agter;
dié stoep front noord en het ’n uitsig op die arboretum.
Tipies van die Victoriaanse boustyl maak elke vertrek met
dubbeldeure op die stoep oop. “As eienaar-bouers het
ons destyds stuk-stuk gebou. Johann was self projek-
bestuurder omdat hy ’n praktiese aanslag het. Ná omtrent
vyf jaar was alles uiteindelik kant en klaar” vertel sy.
Drie en twintig jaar later is die Rheeders steeds
dolgelukkig hier en is dit veral die stilte en rustigheid wat
hulle geniet. “Hier kom gereeld eende en kolganse op ons
swembad sit en tarentale loop op die grasperk rond”
vertel Liesl. Eendag sal sy en Johann nog enkele
binnemure uitbreek om die uitleg ’n meer moderne
oop plan te gee. >>


In die 23 jaar vandat die kombuis (regs) geïnstalleer is
is net twee goed vernuwe: Die werkblaaie is vervang met
Caesarstone en nuwe gekleurde knoppe is aangebring
aan die kasdeure (party van glas ander van Carrol
Boyes). Liesl is gek oor kleur vandaar die blou Francis
Francis-koffiemasjien en pienk Dualit-broodrooster.
Die swartbordverf teen die een muur het sy agterna
aangebring vir ’n meer speelse voorkoms.


Kunswerk teen muur deur David Kuijers

Free download pdf