30 tuisOktober 2017
Kenjousmaak
Marianne se entoesiasme laat ân mens wonder hoe lank dit
gaan wees voor sy die huis se palet skoonmaak en van voor af
begin ...
âIn die twee en twintig jaar wat ek al in die interieurbedryf
werk moes ek leer wie ek is en waarvan ek hou anders sal ân
mens elke derde maand iets wil oordoen. Aan die begin het ek
daarmee gesukkel maar vandag weet ek waarvan ek hou.â
Sy beskryf die huis as klassiek maar met interessante
byvoegings. âDis vir my belangrik dat ons huis ân ontspanne
gemaklike atmosfeer het sodat ons kinders dit kan geniet.
Hulle hoef glad nie op hul tone te wees nie; hulle kan net leef!
Elkeen se kamer het sy eie tema waarin hulle ân sê gehad het
- dis hul persoonlike ruimte waarin hulle gemaklik en tuis
moet voel.â
Sy speel graag met kleur. âIn my lewe kom en gaan kleure
soos giere kom en gaan. Op die oomblik is suurlemoengeel die
kleur van my seisoen. Dit spreek van vreugde vrede warmte
en liefde. Dit lyk pragtig saam met die donkergryse wat plek-
plek as agtergrond gebruik is. Ons geel voordeur byvoorbeeld
nooi mense vriendelik binne.
âEk is lief vir basiskleure soos swart donkergrys wit en
room. Ander gunstelinge is skakerings en tinte van kersierooi
donkerpienk saffierblou turkoois en blaargroen. Metaalkleure
soos goud brons en silwer is ook vir my baie mooi.â >>
Die kombuis kry baie lig en is een van haar
gunstelingvertrekke. Danksy die grys-en-wit palet
kan sy gereeld spatsels kleur inbring.
Kombuiskaste geverf in Vanilla Mist van Dulux
Marianne sê sy is âvol fiemâ wat vloere betref. âEk hou
van sementvloere en Persiese tapyte. Die eenvoud en
ongekunsteldheid van sementvloere is vir my mooi in
kombinasie met helder kleure en sterk elemente soos
skilderye matte en strooikussings.â
Marianne hou van
bykomstighede met ân
verskil. âDie glashouers is
gevul met meubel-pote. Ek
het dit op Mosselbaai by ân
antiekwinkel raakgeloop en
kon nie help om ân hele
sak vol te koop nie.â