Tuis. 10

(Tuis.) #1

Oktober 2017 tuis 29


leserhuis


Toe Wessel Hattingh


sowat twee jaar gelede


dié “vierkantige huis”


uit die 1950’s in


Meyerton koop as ’n


“projek” vir sy vrou


was sy nie oortuig dis


’n slim kopie nie.


“Daar was nie veel waarmee ek kon werk wat
die argitektuur betref nie” vertel sy. “Boonop
was al die afwerkings binne doodgewoon
uitgeput.”
Maar eendrag maak mag meen Marianne
wat die binne-ontwerpsaak Lavender & Lilies
Interiors bedryf – nie net wat die interieur
betref nie maar ook die ingesteldheid van
die huis se inwoners.
“Saam het ek en Wessel die bul by die
horings gepak. Ek het self die planne geteken
en laat optrek deur ’n tekenaar. Opknapwerk
het in Maart 2015 begin en teen Oktober
daardie jaar kon ons intrek!”
Die huis wat oorspronklik drie slaapkamers
en net een badkamer gehad het het tydens
die bouproses ’n en suite-badkamer
TV-kamer motorhuis en stoep bygekry. En
tussen die ses van hulle (honde inkluis) leef
hulle die huis vol: In die somer geniet hulle
die stoep en vuurput terwyl die kombuis
eetkamer en TV-kamer in die winter hul
sonsoek-gunstelinge is.
“Met die aanbou van die motorhuis is ’n
buitegebou met die huis verbind; hier het ons
my kantoor en Wessel se ‘herlaaiplek’ ingerig.
“Ons is dol oor ons onderskeie ruimtes.
Ons het ook ’n heerlike buitevertrek wat as
stoorplek en mannekamer dien. Daar kan
hulle enigiets doen – van biltong hang tot
hout saag.” >>


Die donkergrys muur anker as’t ware
die sitkamer terwyl die ligte meubels
en spatsels groen op die stoele se
rugleunings kontras verleen.


Groen Palencia Acid-lap van Hertex; protea-lap
van Design Team; lang spieëls van Flower & Art
Café; grys muurkleur Tribecca Corner en ligter
muur Evasive White albei van Plascon

Free download pdf