Tuis. 10

(Tuis.) #1
Dit was vir Demyan en Heiné – albei kreatiewe
siele – belangrik om elkeen ’n eie ruimte te
hê. Demyan se studeerkamer voorheen ’n
slaapkamer is die ene ouwêreldse sjarme met
donker hout ryk aksentkleure en ’n stoel wat ’n
stelling maak in vars stoffeermateriaal deur
die plaaslike ontwerper Erna Moolman van
Greyton Home Improvements.

Klaar met die stad
Die paartjie het jare lank twee klein eenslaapkamerwoonstelle in
Tamboerskloof Kaapstad gehuur: hulle het in een gewoon en die
ander een as kantoor en werkplek gebruik. Demyan is ’n kognitiewe-
gedragsafrigter en Heiné wat voorheen ’n mediese tegnoloog en
later ’n alternatiewe-genesingsterapeut was fokus nou op skilder
beeldhouwerk en bonsai.
“In hierdie stadium van ons lewe is dié huis nommerpas” sê
Demyan. “Dis ruim maar nie te groot nie; die tuin is hanteerbaar
daar is vars lug en genoeg ruimte waarin ons ons albei kan uitdruk.”
Die sit- en eetkamer smal kombuis studeerkamer gastekamer
en -badkamer is alles op die grondvloer. Bo is die hoofslaapkamer
met sy en suite-badkamer.
“Van buite af lyk die huis taamlik klein; ’n mens sou nie dink
daar is nog ’n verdieping nie” sê Demyan. “Al is die huis meer as
100 jaar oud het dit moderne elemente soos die soldervertrek – en
dié verrassings het die knoop deurgehak!”

Ons hou vanal die oop spasie


in die huis; die palet is


taamlik neutraalen daar is nie


baie meubels nie. Party mense


dink onspak nog uit!


–Demyan


leserhuis


Die oorspronklike ongebeitste
Oregondennehoutvloere in die
leefareas insluitend die eetkamer
versterk die landelike tema in dié
vrolike onopgesmukte ruimte.
Blomme van Woolworths
Free download pdf