Tuis. 10

(Tuis.) #1

66 tuis Oktober 2017


doen dit self


3 Plaas die 1 050 x 350 mm-laaghoutblad bo-op die kas en skroef
dit van binne af vas met die 8 mm x 30 mm-skroewe. Merk die drie
rakhoogtes en boor ’n 48 mm-gaatjie aan elke kant om die
rakstutte in te sit.

4 Merk die vier 22 x 69 x
1 300 mm-deurraamdele (sien
skets 2) en versink die nodige
skroefgate ongeveer 40 mm
diep met die 10 mm-plaatboor.
Klamp drie 350 mm-deurraam-
dele tussen twee lang raamdele
vas (skets 3). Skroef vas met
die 6 mm x 50 mm-skroewe;
herhaal vir die tweede
deurraam.
5 Knip twee stukke lap sowat
510 mm breed x 1 460 mm
lank. Plaas die deurraam op die
materiaal se agterkant en maak
seker dat enige patroon of
strepe netjies pas. Vou die
materiaal om die raam en skiet
dit vas met die kramgeweer.

KONTAK EN VERSKAFFERS
Cape Boards 021 981 0152 capeboards.co.za
Chisel & Chalk 021 976 0444
Deon de Goede 084 589 5026 [email protected]

3


4 5


6


Wenk
Draai
maskeerband
om die plaatboor
se skag om al die
gate ewe diep
te boor.

6 Skroef die skarniere aan die deure en dan die deure aan die kas met die 8 mm x 16 mm-skroewe.
Skroef ’n handvatsel van jou keuse in posisie vas (ons het sommer twee 80 mm-plankies gebruik). Verf
of vernis die kas in die afwerking van jou keuse – of hou dit natuurlik soos ons gemaak het.

Wenk
Steek die kramme weg deur ’n
strook lint netjies oor die
materiaalrand vas te lym met
die materiaalgom.

Skets 2

Skets 3

Hout en skroewe verskaf
deur Cape Boards
Free download pdf