Tuis. 10

(Tuis.) #1

Oktober 2017 tuis 85


Weigela


(Weigela florida‘Variegata’)
Weigela ’n ouwêreldse struik blom
oorvloedig in die lente tot vroeg in
die somer. Selfs later in die somer
sal dit nog hier en daar ’n paar
blomme dra. Dié geharde struike blom
in wit en skakerings van pienk – van
ligroos tot maroen en selfs pers.
Die plant het ’n regop groeiwyse en maak lang
lote van sy basis af. Die blomme verskyn aan die
boonste helfte van die lote wat met verloop van tyd
vertak en dan ondertoe buig. Dit gee aan die bos ’n
oorhangende voorkoms.
Weigelas aard goed in streke met ’n hoë somerreënval en koel
tot koue winters. Dit floreer in volson of halfskaduwee – in volson sal
dit meer blom maar in warmer droër dele is dit beter om dié struik in
halfskaduwee te plant. Weigelas vra nie veel aandag nie maar moet veral in
die somer nat gehou word. Hulle hou van goed gedreineerde komposryke
grond. Om die struike netjies te hou kan hulle gesnoei word; doen dit net ná
blomtyd. Weigela blom op ou hout en hoe langer jy wag om te snoei hoe
groter is die kans dat jy takke gaan afsny waarop dit die volgende lente sou
blom. Gee die struik kompos en ’n gebalanseerde bemesting in die winter vir
sterk groei ná blomtyd. Weigelas is redelik siektebestand en plaagvry.


Metsyveelkleurigeblare


isdiéweigela-kultivar


selfs buite sy blomtyd’n


fokuspuntindietuin.


Plantgids
Son
Gemiddelde waterbehoeftes
Rypbestand
Bladwisselend
Groei sowat 15 m hoog
en 1–2 m wyd

Bronne
Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten;
Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar;
Reader’s Digest A South African Garden for All Seasons met
hoof-medewerker Jennifer Godbold-Simpson; My Favourite
Plants deur Una van der Spuy; gardeningknowhow.com
Free download pdf