Tuis. 10

(Tuis.) #1

’n Paadjie van rivierklippe (bo) kronkel tussen die bome deur. Dit
word omraam met swenkgras (Festuca-spp.) en agapante. Wanneer
die daglelies (regs) blom gee dit kleur aan die tuin.


Ria se tuinwenke



  • Neem ’n foto van ’n nuwe bedding en neem dit saam kwekery
    toe dan kan die personeel makliker help om die regte plante
    voor te stel.

  • Lees die etikette wanneer jy plante koop. Die inligting daarop
    sal jou ’n aanduiding gee of dit in jou omgewing sal aard of dit
    son of skaduwee verkies en wat die plant se waterbehoeftes is.
    Plante is te duur om net blindelings te koop.

  • Plant wat by jou omgewing en die styl van jou huis pas.
    Gebruik ook elemente uit jou omgewing om struktuur aan jou
    tuin te gee soos die rivierklippe in ons tuin. Op dié manier
    vorm jou tuin en die omgewing ’n eenheid.

  • Maak ’n behoorlike gat en berei die grond goed voor wanneer
    jy plant. Hoe deegliker jou voorbereiding hoe beter sal jou
    plante groei.

  • Moet nooit sonder ’n snoeiskêr tuin toe gaan nie. Daar is altyd
    iets wat jy wil afsny en as jy dit nie dadelik doen nie vergeet jy
    daarvan.

  • Gebruik ou kraalmis verrotte blare en grassnysels wat
    uitgedroog is om jou tuin te voed. Dit beskerm ook die grond en
    die plante se wortels in die koue wintermaande.

  • Wanneer jy ’n groterige struik verplant merk watter kant van
    die struik in watter rigting (byvoorbeeld noord) gegroei het.
    Plant dit weer met dieselfde oriëntasie – dit sal baie beter vaar.

  • Plant ’n groot groep van dieselfde plante bymekaar veral as jy
    ’n groot tuin het. Dit het soveel meer impak en is makliker om
    te versorg. >>

Free download pdf