Tuis. 10

(Tuis.) #1

  • Rose– hulle is soos my
    kinders. My gunstelinge is
    ‘Duftwolke’ ‘Roberto Capucci’
    ‘Dikgang Moseneke’ ‘Little Red
    Hedge’ ‘My Granny’ en
    ‘Blossom Magic’.

  • Pioenroos (Paeonia-hibriede)
    is wonderlik wanneer dit in die
    lente nuwe lewe kry.

  • Krismisrose (Hydrangea-
    spesies) laat my aan my ma
    dink wat so lief is vir dié blom.

  • Aronskelk (Zantedeschia
    aethiopica). Dis ’n fantastiese
    snyblom en ek het verskeie
    soorte in my tuin – van die
    alombekende witte tot ‘Green
    Goddess’ met die groen punte
    aan sy blomblare.

  • Valsheide (Cuphea) wat
    hulself saai en oral in die tuin
    opkom. Ek gebruik dit graag as
    randplante omdat dit altyd
    netjies lyk en nie oorgroei raak


nie. Valsheide werk ook goed in
potte en blom deur die somer.


  • My magrietjiebosse
    (Argyranthemum-hibriede)
    wat lank blom en nieskruid
    (Helleborus-spp.) vir kleur in die
    winter – albei is staatmakers!

  • Silwerberke (Betula pendula).
    Dié bome lyk mooi in ’n groep
    saam en hul wit stamme vertoon
    pragtig in die laatmiddaglig.

  • ’n Blou spar-denneboom
    (Picea pungens) vorm ’n
    fokuspunt in die tuin met sy
    unieke kleur en groeiwyse.

  • Boslelie (Clivia miniata) is
    prentjiemooi wanneer dit in ’n
    massa blom.

  • Al diebroodbome boom-
    varings en kokospalms. Die
    verskillende vorms van die
    broodbome maak die tuin
    interessant en die palms verleen
    ’n tropiese gevoel daaraan.


Dié ou trapfiets spog met mandjies vol petunias!


Gunstelinge in Belmont se tuin
Ria sê dis vir haar moeilik om plante uit te sonder maar dié lê haar
baie na aan die hart:
Free download pdf