Tuis. 10

(Tuis.) #1

Alex en Barrie is die vyfde


geslag Pringles op die plaas


Eildon naby Bedford in


die Oos-Kaap.
Alex het hier grootgeword en Barrie het die plaas 40 jaar gelede
haar tuiste gemaak. “Met my aankoms in die Bedford-distrik
was ek vasbeslote om my wortels hier te vestig; boonop het die
gees van tuinmaak wat in die omgewing heers my besiel.
Dit het eenvoudig vir my sin gemaak om ’n mooi ruimte te skep
waarheen ons ná ’n dag se werk op die plaas kon terugkeer”
gesels Barrie.
Maar dit was eers nadat sy ou foto’s van die huis en tuin
onder oë gekry het dat die tuin sowat 20 jaar gelede tot sy reg
gekom het. Op dié foto’s wat nou nog in die plaashuis se gang
hang kan die oorspronklike tuin gesien word: formeel met
reguit lyne en ’n paadjie in die middel.
“Toe ek die foto’s sien het ek presies geweet wat om hier te
doen. Ons het al die lyne in die tuin reguit gemaak en die vorm
meer struktuur gegee om by die geometrie van die huis te pas.
Alex was net so geesdriftig soos ek oor die verandering. Dit het
net reg gevoel.
“Ek was heeltemal gefassineer deur die potensiaal van ’n
formele ontwerp. Met verloop van tyd het nuwe tuinkamers tot
stand gekom en die res van die tuin ontwikkel tot wat dit
vandag is.”

Eenvoudige ontwerp
Barrie het nooit ’n tuinontwerper gebruik nie maar inspirasie
geput uit al die tuin-entoesiaste wat Bedford se tuinfees elke
jaar besoek en uit tuine waar sy ook al gaan.
“My manier van tuinontwerp is eintlik baie eenvoudig. Ek
begin met die breër konsepte en beplan dan die detail. Eers het
ek tuinslange neergesit vir die buitelyne van die beddings sodat
ek ’n gevoel kon kry van hoe die beddings en fokuspunte sou
lyk. Toe ek gelukkig was met die lyne en vorms is dit met kalk
uitgemerk en is die plan op skaal geteken. Met die finale
ontwerp in die hand is massas van ons eie kompos en
beenmeel by die beddings ingewerk voor enigiets geplant is.”
Barrie spandeer baie tyd in die tuin saam met Simon Adonis
haar regterhand deur al die jare.
“Ek hou baie van die kreatiewe sy van tuinmaak – die
beplanning en uitvoering van nuwe idees en om te sien hoe
dit vorm aanneem. Ons het ’n uiters strawwe klimaat. In die
yskoue winters daal temperature gereeld tot onder vriespunt en
moet ons die minder geharde plante soos tuinheliotrope en
Durantasmet rypdoek toedraai. Maar dit maak die vreugde van
die lente soveel groter wanneer die tuin opnuut lewe en kleur
kry. Dit is dan wanneer ek regtig die ongelooflike beloning van
tuinmaak ervaar!” >>

Die twee wit pilare oorspronklik hekpale vorm
’n natuurlike ingang na die formele roostuin.


In die lente met die rose in
volle blom is Barrie se tuin ’n
skouspel van kleur.
Free download pdf