Tuis. 11

(Tuis.) #1

100 tuis November 2017


tuine luister proe voel ruik & kyk


[PL ANTLYS]
1 Geurblomme om te pluk


  • Laventel (Lavandula intermedia
    ‘Grosso’)

  • Roosmaryn (Rosmarinus officinalis
    ‘Prostratus’)

  • Narsings (Narcissus-hibriede)

  • Tuinheliotrope (Heliotropium
    arborescens)

  • Wildemalva (Pelargonium
    graveolens)

  • Salie (Salvia clevelandii)

  • Sint Josefslelie (Lilium longiflorum)

  • Kammetjie (Freesia-hibriede)

  • Rose soos ‘Double Delight’ ‘Ambridge
    Rose’ of ‘Duftwolke’
    2 Geurige grondbedekkers

    • Tiemie (Thymus vulgaris)

      • Polei (Mentha pulegium)

        • Kamille (Anthemis nobilis)
          3 Vir die digte struikboskaas

          • Oranjejasmyn (Murraya
            exotica)





      • Verbleikblom (Brunfelsia
        pauciflora ‘Floribunda’)





  • Bruidsbos (Pavetta lanceolata)

    • Bergboegoe (Agathosma ciliaris)



  • Keurtjie (Podalyria calyptrata)

  • Mexikaanse lemoenbloeisel
    (Choisya ternata)

  • Rondeletia (Rondeletia amoena)

  • Katjiepiering (Gardenia augusta)

  • Geurige rose wat in die bome opgroei
    soos ‘Perfumed Breeze’ ‘Gülilah’ ‘Mme
    Alfred Carrière’ en ‘Wedding Garland’
    4 Lekkerruikbome vir die vier hoeke

  • Saliehout (Buddleja salviifolia)

  • Maanblom (Brugmansia x candida)

  • Frangipani (Plumeria rubra)

    • Nartjie (Citrus reticulata)
      5 By die ingang

      • Lourier (Laurus nobilis)






Grootte:
8 x 8 m
Volson

Geurtuin
Wie kan nou ’n lekkerruiktuin weerstaan?
Veral as die geure goeie herinneringe bring.


  • Jy stap Pietman se geurtuin binne met ’n
    smal paadjie langs wat tussen twee
    vorm gesnoeide lourierbome deur loop. Jy
    moet letterlik by die bome verbyskuur sodat
    jy die heerlike geur van die twee aromatiese
    bome kan ruik. Die paadjie is van klip met
    tiemie en polei wat tussen-in groei. Albei dié
    plante en die roosmaryn wat tot teen die
    paadjie groei stel hul geur vry elke keer dat
    jy daarop trap.

  • Die paadjie lei na ’n sirkelvormige
    grasperk van kamille wat met dieselfde tipe
    klip as dié van die paadjie omraam word.
    Aan die oorkant is ’n bank van klip met ’n
    prieel bo-oor. Die sitplek van die bank is ook
    met polei beplant. Die prieel word aan drie
    kante toegerank met ’n kombinasie van


jasmyn kanferfoelie en
’n geurige roos. In die
middel van die kamillegrasperk is ’n
vuurput. Die reuk van rook in ’n mooi tuin is
gesellig. As alternatief vir die vuurput stel
Pietman ’n dammetjie voor waarin
waterblommetjies en waterlelies met hul
soet geur groei.


  • In die vier hoeke van die tuin is geurbome.

  • Voorlangs en al met die rand van die
    kamillegrasperk groei geurblomme wat ook
    goeie plukblomme is. Dit sal nie net in jou
    geurtuin lekker ruik nie maar ook in die
    huis. Pluk en geniet dit!

  • ’n Digte struikboskaas van geurige struike
    omraam die tuin.


Paadjie

Vuurput

Bank van klip met
prieel bo-oor

4



1

3

1

4

4

5

4

4

2

Pietman Diener
tuinontwerper van Stellenbosch

Chelsea-geurtuin

2

2

3

Lees meer
rhs.org.uk/shows-events/rhs-chelsea-flower-show/
News/2017/radio-2-feel-good-gardens

3
Free download pdf