November 2017 tuis 99
Tekstuurtuin
Deur verskillende teksture te kombineer kan
jy nie anders as om te wil voel en vat nie â
soos in Petro se tekstuurtuin. Selfs die potte
en loopoppervlakke speel ân rol hier.
- ân Skanskorfmuurtjie vorm ân ruwe rugkant
vir die waterfokuspunt. As jy van die geluid
van water hou installeer ân koper- of staal-
spuit in die mandjie. Omraam die fokuspunt
met ân randteël van jou keuse. - ân Dek van duursame hout wat wind en
weer kan trotseer word aan weerskante met
waterpeerbome afgerond om later ân deurvlegte
heining te vorm vir privaatheid. Pak groot klippe
onder die bome met spasies tussenin waarin
grondbedekkers geplant kan word. Dit skep ân
dramatiese tekstuurkontras met die klip (maak
net seker die grondbedekker oorgroei nie die
klip nie). - Kleiner gruisklippies van 13 mm kontrasteer
met die hout van die dek en die growwer en
groter klip in die skanskorwe. Gooi dit op
geotekstiel sodat onkruid nie deur die klippies
groei nie. - Hou die deurloop-bedding minimalisties. Plaas
hier drie vierkantige potte (ongeveer 60 x 60 x
70 cm) met ân gladde tekstuur. Plant aalwyne in
die potte en rond dit af met gladde wit rivier-
klippe rondom die stamme. Beplant die bedding
met ân massa swenkgras. Deur net twee soorte
plante met verskillende teksture hier te gebruik
skep jy ân gevoel van ruimte en die sagte
tekstuur van die swenkgras kontrasteer mooi met
die klippies potte en houtdek. Skep gemaklike
loopplek met drie groot houtskoolkleurige
plaveiblokke (100 x 50 cm).
- Vierkantige houtskoolkleurige plaveiblokke van
50 x 50 cm tussen gruisklippies vorm die reguit
paadjie. - In die bedding langsaan groei plante los en
informeel buiten die grootnoem-noem wat ân
heining aan die een kant vorm. Gebruik
woestynrosies langs die rande vir ân growwe
tekstuur en om die bedding te definieer.
Ornamentele grasse speel ân belangrike rol om
tekstuurkontras te skep. Die sagtheid van die
grasse die mooi sade en die beweging daarvan
in die wind kontrasteer met die ander struike wat
meer strak is. >>
[PL ANTLYS]
Grootte: 10 x 6 m
Volson
1 Waterpeer (Syzygium
guineense)
2 Grootnoem-noem (Carissa
macrocarpa)
3 Fonteingras (Pennisetum
setaceum âRubrumâ)
4 Kooigoed (Helichrysum
petiolare)
5 Besemgras (Aristida
junciformis)
6 Plakkies (Crassula ovata)
7 Kraanvoëlblom (Strelitzia
reginae)
8 Swenkgras (Festuca glauca)
9 Woestynrose (Echeveria
elegans)
10 Tolbos (Leucadendron
salignum)
11 Bitteraalwyn (Aloe ferox) of
enige aalwyn van jou keuse
12 Koreaanse gras (Zoysia
tenuifolia) of kies
dwergmondogras (Ophiopogon
japonicus âKyotoâ) of Australiese
viooltjie (Viola hederacea)
Petro Jacobs
van Petro Landscaping
Skanskorfmuurtjie
Waterfokuspunt
Houtdek
Gruisklippies
Deurloop-bedding
Plaveiblokke
Informele
bedding
Chelsea-tekstuurtuin
1
1
3
2
4
5
6
7
9
8
8
10
11
3
12
12
KONTAK
Petro Jacobs petrolandscaping.co.za