Tuis. 11

(Tuis.) #1

November 2017 tuis 101


Sigtuin
Pietman het ’n eenvoudige klassieke ontwerp
gebruik vir struktuur. Maar jy sal hou van wat jy
sien – en weer wil kyk en begin pluk!


  • Die sigtuin word omraam met ’n hoë
    immergroen heining van inheemse spekboom.
    Die plant met sy fyn blaartjies is heeljaar mooi.
    In die spekboomheining is twee banke staan­
    gemaak. Spieëls agter die banke versterk die
    sigwaarde van die tuin en gee ook ’n gevoel
    van ruimte.

  • ’n Paadjie van gruisklippies loop reg rondom
    die bedding sodat jy dit van alle kante af kan
    bekyk.

  • Die bedding in die middel word met heinings
    verdeel in ’n geometriese struktuur van driehoeke
    en vierkante waarin plante met mooi blomkleure


en ­vorms groei. Kombineer blomme met lang
stele en ’n interessante sambreel­ klok­ of ronde
voorkoms. Mooi blaarvorms en ­kleure treffende
kleurkombinasies “deursigtige” plante
verskillende blomteksture en saadhofies aan die
einde van die blomseisoen dra als by tot ’n mooi
vertoning. Danksy die seisoenale verskeidenheid
is daar altyd iets om na te kyk. Die los en
informele voorkoms van die plante kontrasteer
met die soliede en gestruktureerde voorkoms
van die heinings tussenin.


  • Duinekraaibessie is gekies vir die heinings wat
    almal ewe breed is – snoei dit in interessante
    golwende patrone. Dit skep ’n mooi agtergrond
    waarteen die verskillende plante en kombinasies
    gesien kan word.


[PL ANTLYS]
Vir die heinings
1 Spekboom (Portulacaria afra)
vir die hoë heinings buiteom
2 Duinekraaibessie (Searsia
crenata) vir die lae heinings
Vir die beddings in die blokke
3 Persbesem (Polygala virgata)
engelvlerkies (Oenothera
lindheimeri) koringblommetjie
(Scabiosa africana)
4 Vinkel (Foeniculum vulgare)
Perovskia atriplicifolia duiwel-in-
die-bos (Nigella damascena)
Eragrostis trichoides
5 Echinacea (Echinacea purpurea)
oulandsgras (Eragrostis curvula)
lamstert (Verbascum-hibried)
6 Oulandsgras (Eragrostis curvula)
varkoorplakkie (Cotyledon
orbiculata) groot grasaalwyn
(Aloe cooperi)
7 Besemgras (Aristida junciformis)
en rankkopiva (Bulbine frutescens)
8 Sint Josefslelie (Lilium
longiflorum) lamsoor (Stachys
lanata) Ornithogalum
longibracteatum sin. Albuca
bracteata
9 Ornithogalum longibracteatum
Eragrostis trichodes lamstert
(Verbascum-hibried)
10 Eryngium bourgatii papierblom
(Limonium latifolium)
11 Perswildeknoffel (Tulbaghia
violacea) waaierlelie (Crocosmia
paniculata) of goueswane
(C. masoniorum)
12 Sonneblom (Helianthus annuus)
vingerhoedjie (Digitalis purpurea)
oulandsgras (Eragrostis curvula)
13 Koringblommetjie (Scabiosa
africana) Ornithogalum
longibracteatum besemgras
(Aristida junciformis)
14 Varkoorplakkie (Cotyledon
orbiculata) vingerhoedjie (Digitalis
purpurea) sonneblom (Helianthus
annuus)

Grootte:
10 x 10 m
Volson

KONTAK
Pietman Diener 072 376 5632

Heining

Bank Bank

Paadjie

5



3

2

5 11

7

8

9

10

13

14

6 12

Chelsea-sigtuin

Dis nie net blomme wat sigwaarde
in ’n tuin het nie. Dink ook aan
loofplante interessante heinings
en ’n tierlantyntjie of twee!


  • Pietman


1

1

2

4

1

1
Free download pdf