100 tuis November 2017
tuine luister proe voel ruik & kyk
[PL ANTLYS]
1 Geurblomme om te pluk
- Laventel (Lavandula intermedia
âGrossoâ) - Roosmaryn (Rosmarinus officinalis
âProstratusâ) - Narsings (Narcissus-hibriede)
- Tuinheliotrope (Heliotropium
arborescens) - Wildemalva (Pelargonium
graveolens) - Salie (Salvia clevelandii)
- Sint Josefslelie (Lilium longiflorum)
- Kammetjie (Freesia-hibriede)
- Rose soos âDouble Delightâ âAmbridge
Roseâ of âDuftwolkeâ
2 Geurige grondbedekkers- Tiemie (Thymus vulgaris)
- Polei (Mentha pulegium)
- Kamille (Anthemis nobilis)
3 Vir die digte struikboskaas- Oranjejasmyn (Murraya
exotica)
- Oranjejasmyn (Murraya
- Kamille (Anthemis nobilis)
- Verbleikblom (Brunfelsia
pauciflora âFloribundaâ)
- Polei (Mentha pulegium)
- Tiemie (Thymus vulgaris)
- Bruidsbos (Pavetta lanceolata)
- Bergboegoe (Agathosma ciliaris)
- Keurtjie (Podalyria calyptrata)
- Mexikaanse lemoenbloeisel
(Choisya ternata) - Rondeletia (Rondeletia amoena)
- Katjiepiering (Gardenia augusta)
- Geurige rose wat in die bome opgroei
soos âPerfumed Breezeâ âGülilahâ âMme
Alfred Carrièreâ en âWedding Garlandâ
4 Lekkerruikbome vir die vier hoeke - Saliehout (Buddleja salviifolia)
- Maanblom (Brugmansia x candida)
- Frangipani (Plumeria rubra)
- Nartjie (Citrus reticulata)
5 By die ingang- Lourier (Laurus nobilis)
- Nartjie (Citrus reticulata)
Grootte:
8 x 8 m
Volson
Geurtuin
Wie kan nou ân lekkerruiktuin weerstaan?
Veral as die geure goeie herinneringe bring.
- Jy stap Pietman se geurtuin binne met ân
smal paadjie langs wat tussen twee
vorm gesnoeide lourierbome deur loop. Jy
moet letterlik by die bome verbyskuur sodat
jy die heerlike geur van die twee aromatiese
bome kan ruik. Die paadjie is van klip met
tiemie en polei wat tussen-in groei. Albei dié
plante en die roosmaryn wat tot teen die
paadjie groei stel hul geur vry elke keer dat
jy daarop trap. - Die paadjie lei na ân sirkelvormige
grasperk van kamille wat met dieselfde tipe
klip as dié van die paadjie omraam word.
Aan die oorkant is ân bank van klip met ân
prieel bo-oor. Die sitplek van die bank is ook
met polei beplant. Die prieel word aan drie
kante toegerank met ân kombinasie van
jasmyn kanferfoelie en
ân geurige roos. In die
middel van die kamillegrasperk is ân
vuurput. Die reuk van rook in ân mooi tuin is
gesellig. As alternatief vir die vuurput stel
Pietman ân dammetjie voor waarin
waterblommetjies en waterlelies met hul
soet geur groei.
- In die vier hoeke van die tuin is geurbome.
- Voorlangs en al met die rand van die
kamillegrasperk groei geurblomme wat ook
goeie plukblomme is. Dit sal nie net in jou
geurtuin lekker ruik nie maar ook in die
huis. Pluk en geniet dit! - ân Digte struikboskaas van geurige struike
omraam die tuin.
Paadjie
Vuurput
Bank van klip met
prieel bo-oor
4
1
3
1
4
4
5
4
4
2
Pietman Diener
tuinontwerper van Stellenbosch
Chelsea-geurtuin
2
2
3
Lees meer
rhs.org.uk/shows-events/rhs-chelsea-flower-show/
News/2017/radio-2-feel-good-gardens
3