Tuis. 11

(Tuis.) #1
Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s: Francois Oberholster en verskaf

Hou aan om plante te voed nat te maak en dooie
blomme af te knyp sodat jou tuin heelsomer mooi bly.

Wenk van die maand
Krismisrose begin
nou blom; maak seker
hulle droog nie uit nie
en strooi ’n deklaag van
10 cm om die wortel-
area koel te hou.

Stuur inligting na [email protected].


Tuindagboek


Syselbos

Fynblaarrooihout

Vir nektarvretende voëls Aalwyn Kaapse
kanferfoelie (Tecoma capensis) koraalboom
(Erythrina-spp.) notsung (Halleria lucida)
wildedagga (Leonotis leonurus) huilboer-
boon (Schotia brachypetala) erikas en
proteas is gewild onder suikerbekkies.
Vir vrugtevretende voëls Plant grootnoem-
noem (Carissa macrocarpa) waterbessie
(Syzygium cordatum) witpeer (Apodytes
dimidiata) wildeperske (Kiggelaria africana)
en fynblaarrooihout (Ochna serrulata) om
voëls soos loeries en muisvoëls te lok.
Vir insekvretende voëls Deklae van blare en
opgekerfde tuinafval behou nie net water in
die grond en hou onkruid in toom nie dit
dien ook as spens waar lysters rooiborsies
en witogies kan rondsnuffel vir kos. ’n
Ruigte van struike soos vlam-van-die-vlakte
(Bauhinia galpinii) en syselbos beskut voëls
teen roofdiere en gure weer en is ’n goeie
plek om nes te bou. Plant grasse en palms
sodat voëls materiaal het vir hul neste
asook struike en bome met dorings wat
hulle teen roofdiere beskerm.

Take vir November Deur Kay Montgomery


Dra by tot dié verdienstelike projek deur al
die voëlspesies wat jy in ’n bepaalde tuin
park skoolterrein of voorstad (of as jy
daarvoor kans sien binne ’n radius van
50 km van jou huis af) sien en hoor aan
te teken.
Lok voëls deur allerlei voëlvriendelike
plante in jou tuin te kweek:

Soveel voëls! 25 November is Birding Day.


102 tuis November 2017


Die groentetuin
Plant slaaigroente soos krop slaai
roket uie sprietuie wortels
seldery en radyse dig bymekaar
om vog te behou en strooi ’n
deklaag van kompos rondom wat
mettertyd sal afbreek en die grond
verryk. As jy genoeg water het kan
jy aanhou om boontjies beet kool
mielies komkommer en skorsies
te plant.
Kweek blaarslaai op ’n plek wat in
die namiddag in die skadu sal
wees. Oes die blare van botterslaai
een vir een.
Trek onkruid uit voor dit saadskiet.
Ondersteun rankgroente met ’n
hout- of draadraam latwerk of
driepoot en bind nuwe groei vas
om windskade te voorkom.
Sit potte op sonnige
vensterbanke patio’s naby die
kombuis en langs die braai-area
en vul dit met pietersielie
basiliekruid kruisement salie
dragon grasuie origanum tiemie
en roosmaryn.
Free download pdf