Tuis. 11

(Tuis.) #1
Bronne
Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten; Die Suid-Afrikaanse
Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar; Reader’s Digest A South African Garden for
All Seasons met hoof-medewerker Jennifer Godbold-Simpson

J


Jy weet sommer wanneer die frangipani’s
blom. Met hul hemelse geur en trosse
blomme op die punte van die takke is dit
moeilik om dié bome in die somermaande
mis te kyk! Die kleinerige boom of groot
struik het ’n sambreelvorm met dik
vetplantagtige takke. Die algemeenste
frangipani se blomme is roomwit met geel
in die middel; daar is ook variëteite met
geler blomme of pienk blomme met geel in
die middel.
Frangipani’s aard die beste in warm
vogtige streke soos KwaZulu-Natal die
Oos-Kaapse kusgebied en die Laeveld. Die
struik sal ook in droër en koeler streke
groei solank dit rypvry is. In dele wat ligte
ryp kry moet dit in die warmste deel van
die tuin geplant word op ’n plek wat goed
beskerm is. Die plant hou van volson en
vrugbare grond wat goed dreineer maar
moet teen wind beskerm word. Hou dit nat
in die somer in droër dele van die land. Dit
is nie nodig om frangipani’s te snoei nie.

Onthou!
Die frangipani se wit melkerige sap is
effens giftig en kan irritasie veroorsaak
veral as dit in jou oë beland. Was altyd jou
hande wanneer jy frangipani’s gepluk het
en spoel dadelik jou oë uit met water as jy
aan jou oë gevat het.

Frangipani’s is goeie snyblomme


en hou lank in die huis. Of laat


dryf ’n paar blommetjies in ’n bakkie


water vir ’n tropiese


gevoel!


106 tuis November 2017


boomblomme


Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholster
Stilering Melissa Rautenbach

Met ’n frangipani sal jou tuin heerlik ruik! Marié Esterhuyse


Plantgids
Volksnaam Frangipani
Botaniese naam
Plumeria rubra
Volson
Rypgevoelig
Droogtebestand
Bladwisselend
Groei tot ongeveer 3 m
hoog en wyd
Goeie plukblom
Blom van September
tot laat in die herfs

tuin plant van die maand


GEURIGE

Free download pdf