Tuis. 11

(Tuis.) #1

SA PORK PROMOSIE


GESMOORDE
VARKNEK MET
APPELKOSE
EN KOLJANDER

Genoeg vir 6–8
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 1½–2 uur


  • 2 kg varknek in blokkies
    gesny (vra jou slagter)

  • koekmeel gegeur met sout
    en swartpeper

  • olie

  • 2 mediumgroot uie
    grofgekap

  • 4 knoffelhuisies
    fyngekap

  • 1 duim vars gemmer
    fyngekap

  • 1 heel kaneelstokkie

  • ’n goeie knypie saffraan
    (of 5 ml borrie)

  • 3 kardemompeule

  • 10 ml fyn komyn

  • 5 ml fyn koljander

  • 500 ml water

  • ’n bossie vars koljanderblare

  • 250 g sagte Turkse appelkose

  • 50 g gepelde amandels


1 Rol die varknekblokkies in die
gegeurde meel tot oraloor bedek.
2 Verhit ’n bietjie olie in ’n goeie
swaarboomkastrol met ’n styfpassende
deksel en braai die vleisblokkies in
sarsies in die verhitte olie; skep die
gebraaide blokkies uit en hou eenkant.
Braai dan die uie in dieselfde kastrol tot
sag en glansend. Voeg die knoffel en
gemmer by en braai vir nog een
minuut. Voeg al die speserye by.
3 Skep die vleis terug in die kastrol.
Voeg die water by en verhit tot
kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut
vir sowat 1 uur. Voeg die appelkose en
koljanderblare by en laat prut vir nog
sowat 30 minute.
4 Rooster intussen die amandels in die
oond teen 180 ºC tot goudbruin. Strooi
die amandels en sesamsaad oor en sit
dit voor met koeskoes en ekstra

Deurkoljanderblare.


Sonja Jordt •


Foto’s


Francois Oberholster
Wenk Selfs in tye van rieme dun sny kan ons lekker eet
deur vindingryk te wees met minder luukse bestanddele en
goedkoper vleissnitte. Varkvleis is dikwels ’n ekonomiese
opsie en varknek is een van die gunsteling-snitte – hetsy
heel of ontbeen is dit ideaal vir stadig gaarmaak veral
met kookvloeistof soos aftreksel wyn of water. Die stadige
kookproses konsentreer die geure.

Free download pdf