Tuis. 11

(Tuis.) #1

118 tuis November 2017


Deur Johané Neilson
en Sonja Jordt
Foto’s Francois
Oberholster

Kos is


op die tafel


Vier hartlike gesinsetes vir weeksaande.


Pesto-pasta
Onder R110 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute


  • 300 g spaghetti

  • 200 g spek gekap

  • 15 ml olyfolie

  • 1 klein eiervrug in klein
    blokkies gesny

    • 200 g kersietamaties
      gehalveer

    • 100 g olywe ontpit en gekap

    • 1–2 wiele feta gekrummel

    • 60 ml basiliepesto

      • 50 g amandels gekap

      • 45 ml gemengde sesam-
        sonneblom- en pampoensaad

      • 30 ml olyfolie

      • sap van ’n halwe suurlemoen

      • 75 ml korrelmosterd

      • 250 ml risoni-pastarys
        gaar gekook

        • 450 g gemengde murg-
          pampoentjies langsteel-
          broccoli en groenboontjies

        • 200 g gerookteforel-stukkies

        • 1 avokado in blokkies
          gesny

        • ’n hand vol babaspinasie

        • 1 rooi ui in ringe gesny








Groen slaai met forel
Onder R175 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute

1 Braai die neute en sade in die olie tot ligbruin. Verwyder van die
hitte en roer die suurlemoensap en mosterd by gevolg deur die
gaar pastarys. Geur na smaak met sout en peper.
2 Sny die groen groente effens kleiner en dompel dit vir ’n paar
minute in kookwater. Dreineer en verfris in koue water; geur met
sout en peper en ’n bietjie olyfolie. Meng die groente by die
pastarys saam met die forel avokado spinasie en uieringe.

1 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta tot al
dente. Terwyl dit kook braai die spek in die olie totdat dit begin
kleur kry. Voeg nou die eiervrugblokkies by en braai tot gaar.
Roer die tamaties by tot hulle bars en ’n sousie begin vorm. Roer
ook die olywe en feta by en skakel die hitte af.
2 Dreineer die pasta sodra dit reg is en roer dit by die gebraaide
groente en spek. Voeg ook die pesto en sout en peper na
smaak by. Meng goed deur en smul dadelik.
Free download pdf