Tuis. 11

(Tuis.) #1

November 2017 tuis 123


3


Kolwyntjies met
versuikerde blomblare


  • 125 g botter

  • 250 ml Huletts White Sugar

  • 2 groot eiers

  • 250 g bruismeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 5 ml vanieljegeursel

  • 250 ml melk
    VERSIERSEL

  • 300 ml Huletts Icing Sugar gesif

  • sowat 15 ml rooswater
    VERSUIKERDE ROOSBLARE

  • vars roosblare

  • 1 eierwit

  • Huletts Castor Sugar


1 Klits die botter en suiker saam tot
romerig. Voeg die eiers by en klits goed.
2 Sif die meel en bakpoeier saam; voeg die
vanielje by die melk. Vou dan die meel om
die beurt met die melk by die
bottermengsel in.
3 Skep die beslag in kolwyntjiedoppies en
bak teen 190 °C vir 10–12 minute of tot ’n
toetspen skoon uit die middel van ’n
kolwyntjie kom. Verkoel op ’n draadrak.


  • 250 ml jasmynrys

  • 1 blik (400 ml) klappermelk

  • 250 ml melk

  • 125 ml Huletts SunSweet
    Brown Sugar

  • 1 kardemompeul gekneus

  • 50 ml rooswater

  • sap en fyngerasperde skil
    van 1 lemmetjie

  • ’n hand vol pistasieneute gekap


1 Sit die rys klappermelk melk
suiker kardemompeul en ’n knippie
sout in ’n kastrol en bring tot
kookpunt. Verlaag die hitte en laat
prut tot die rys gaar is. Roer gereeld
en voeg ’n bietjie kookwater by
indien nodig.
2 Verwyder die kastrol van die hitte
en haal die kardemompeul uit.
Roer die rooswater en ’n skeut
lemmetjiesap daarby in. Sit warm of
koud voor met neute en gerasperde
lemmetjieskil.

2


Ryspoeding
met rooswater

4 Maak die versiersel Meng ’n
bietjie rooswater op ’n slag by
die versiersuiker in tot die
mengsel glad is maar nie te
loperig nie. Doop die bokante
van die kolwyntjies in die
versiersel en laat enige oorskiet
afdrup. Versier met ’n paar
strooiversiersels as jy wil en laat die
versiersel stol.
5 Maak die versuikerde roosblare Verf die
blare een-een met ’n dun lagie eierwit aan albei
kante en strooi ruim strooisuiker oor. Sit
eenkant om te verhard en versier die
kolwyntjies daarmee.
Free download pdf