124 tuis November 2017
kos &
drank
âN VARS BEGIN
Die Munching Mongoose maak dit
maklik om organies gekweekte
seisoenale en eties bereide kos te
geniet â hulle lewer dit voor jou
deur af! Dié Johannesburgse
inisiatief maak ook voorafverpakte
gebalanseerde natuurlike
peusel pakkies vir kinders om skool
toe te vat of as ân gesonde happie
vir die kantoor. Sien
munchingmongoose.co.za.
PROPPERSE PARTYTJIE
Die keramiekkunstenaar en kranige
huiskok Louise Gelderblom se
versameling resepte in The Book
Club Cookbook: Eat Your Words
(R320 Quivertree) is net wat jy
nodig het om ân gesellige kuier
met min moeite aan te bied. Met
resepte vir alles van eenvoudige
soppe en ân loslit-
maaltyd van antipasti
tot ân driegang-fees
kan jy geregte berei
voor jou gaste
opdaag â en só
rustig saamkuier!
Primi-restaurant in Canal
Walk Kaapstad het ân
gedaante wisseling
ondergaan! Die eetplek se
kenmerkende oranje het plek
gemaak vir aardse tone
houtvloere en ontblote
natuurlike bakstene.
Eastgate Rosebank en
Eden on the Bay lyk nou
ook so â gaan kyk of besoek
primi-world.co.za.
Bakgat
Peuselbakkie met
Marokkaanse patroon
(13 cm) R49 home.co.za
Yuppiechef het pas sy eerste âregteâ winkel oopgemaak in die Willowbridge-sentrum in Tygervallei. Nou kan jy vat en voel voor jy in dié
winkel koop pleks van net aanlyn. Die winkel is luuks dog funksioneel en spog met ân toetskombuis en ân âgenius barâ waar kopers
steeds aanlyn kan koop of hul profiel kan bywerk op die oubekende webwerf. Dis die perfekte samekoms van twee wêrelde!
Bly koel dié somer met yskoue drankies
en prettige bykomstighede.
Deur Shané Barnard
Skink ân glasie!
1 2 3
Jenewer-liefhebbers
staan nader! The Gin
Box is Suid-Afrika se
eerste jenewerklub en
gee lede toegang tot
ân verskeidenheid
boetiek-jenewers
buitengewone tonikums
en deli-lekkernye.
Besoek theginbox.co.za.
1 Triple Three African Botanicals
Gin (R343 bottleshop.co.za) die
handewerk van die meester-
distilleerder Rolf Zeitvogel het
dubbelgoud gewen by die World
Spirits Competition 2017 in San
Francisco. Dit het geure van drop
jenewer bessies koljander boegoe en
galangawortel. Sien triplethree.co.za.
2 Biostilla Organic Gin (R379
bottleshop.co.za) is die eerste
organies-gesertifiseerde premium-
jenewer wat plaaslik beskikbaar is. Dis
gemaak in die gesogte styl van ân
Londense droë jenewer met geure
van komplekse Mediterreense flora.
Besoek biostilla.com.
3 Maak gereed vir die somer met
G&T Frost Popsicles in twee liplekker
geure: G&T Classic en G&T Berry
Infusion (R27 frostpopsicles.com).
Heerlik verfrissend.
OXO-staal-
ysemmer-en-
tangstel R1 050
yuppiechef.com
In lewende lywe
SJIEK IN DIE STAD