Tuis. 11

(Tuis.) #1

November 2017 tuis 21


Een met die natuur
Die huis het min werk nodig gehad


  • niks meer as ’n laag verf nie.
    Daar was heelwat argitektoniese detail
    wat die Brinks aangestaan het een daarvan
    die swart staalraam vensters.
    En dan natuurlik die ruim buite kuier -area.
    “Ons het dit nog altyd geniet om te onthaal
    en ons het met die intrapslag geweet dít
    gaan ’n heerlike kuierplek wees” sê Jayne.
    Die ruimte front noordwes maar in die
    somer hou die dak die son uit terwyl die
    welige kusplantegroei die ruimte koel hou.
    Met die lang tafel gemaklike sitplek en
    kaggel is dit die ideale plek om tyd deur te
    bring met familie en vriende of om ná ’n
    besige dag saam te ontspan. “Ons kuier
    graag ’n paar keer per week saam met
    vriende om die braai regdeur die jaar. Daar
    was al op ’n keer meer as 20 mense aan
    tafel maar ons sit gereeld hier aan al is dit
    net ons drie.”
    Jayne glo dat selfs die mees funksionele
    artikels ook mooi moet wees en het dié
    filosofie regdeur haar huis toegepas.
    “Ek omring my graag met interessante
    ongewone en pragtige items. Ek en Andries
    het albei in mooi huise grootgeword en ek
    dink dit beïnvloed regtig hoe ’n mens lewe”
    verduidelik sy. >>


Ek hou daarvan dat ons kombuis nie afgesonder


van die res van die huis is nie en dat ons gaste kan


saamkuier terwyl ek ’n maaltyd aanmekaarslaan.


As ’n taamlik ongeorganiseerde kok is ons


opwaskamer ’n uitkoms! – Jayne


Toe die paartjie die huis gekoop het was
die kombuiskaste helderpienk; hulle het
dit in mat swart laat spuitverf.

Vir die ingang het die Brinks eenvoudige dog funksionele
meubels gebruik. “Dit het ’n rukkie geneem om die regte
elemente bymekaar te sit” sê Jayne. Die William Kentridge-
afdruk bo die konsoletafel – ’n trougeskenk – was die enigste
kunswerk wat Jayne gegryp het toe sy in Junie voor die
rampspoedige brande moes vlug.
Free download pdf