Tuis. 11

(Tuis.) #1

Abi James se huis het ’n manier om


ieder en elk gelukkig te laat voel.


Die treffende blou voordeur omraam met muurkuns van ’n grenadella­
plant in volle blom laat gaste altyd glimlag wanneer hulle by dié
interieur­ en juweliersware­ontwerper se toevlug in die Bo­Kaap instap.
Die ingang is die eerste aanduiding van Abi se liefde vir als wat mooi
is. Maar sy glo vas dat skoonheid iets om die lyf moet hê en met die
intrap slag is dit duidelik dat dié ruimte nie net ’n mooi prentjie is nie.
Binne is dit versier met aandenkings van haar reise haar vorige
huise in die Verenigde Koninkryk Noord­ en Suid­Afrika en van
kunstenaars wat sy tydens haar reise ontmoet het. Dis ’n rustige
toevlug waar elke vertrek jou na ’n ander wêreld wegvoer.


Die gebruik van wit en ander neutrale kleure
laat die leefkamer elegant dog gemaklik voel.
Kandelaber van Block & Chisel; kanttafeltjies
van Weylandts gumtree.co.za en Amatuli; mat
van Moroccan Warehouse

Voordeur

Binne-
hof

Grondvloer

Kombuis

Eerste verdieping

Slaapkamer

Ateljee

Badkamer

Trap

Leefarea
Free download pdf