Dekor uit alle oorde
Abi ân gebore Londenaar reis al van ân baie jong ouderdom en dit
het onvermydelik haar liefde vir dekor geïnspireer en beïnvloed.
In haar kinderjare het sy jaarliks Afrika saam met haar ouers besoek
(haar ma is ân Suid-Afrikaner en haar pa ân Brit). Sy onthou hoe sy ná
ân vakansie in Suid-Afrika teruggekeer het na die Verenigde Koninkryk
met sakke vol lap en aandenkings vir haar kamer. âDit moes maar
taamlik vreemd gelyk het in ân Engelse koshuis!â sê Abi en lag.
Heelwat later tydens ân universiteitsvakansie in Zambië het sy ân
werk in tekstiel ontwerp losgeslaan en dis waar haar loopbaan in
interieurontwerp begin het.
Sewe jaar gelede het ân werkgeleentheid haar Suid-Afrika toe
gebring. âAanvanklik het ek in Tamboerskloof gewoon en dié plek as
werkspasie gebruik en met die musiekgroep Freshlyground gedeelâ
verduidelik Abi. âToe hulle begin toer en nie meer die ruimte nodig
gehad het nie het ek dit my huis gemaak.â
Met haar basis in dié 100 jaar oue blyplek wat eers ân groente-en-
vrugtewinkel was reis Abi nog gereeld na Kenia en Ethiopië waar sy
krale koop vir haar juwelierswarereeks Soul Design. Sy is ook die
interieur ontwerper vir Tongabezi Lodge in Zambië.
âEk is mal oor die karakter van die Bo-Kaap: die keisteenstrate
helder geverfde huise en die gemeenskapsgevoel. Dis hoofsaaklik ân
Moslem-buurt en die daaglikse oproep tot gebed herinner my aan
Zanzibar!â
Omdat die huis oor die jare opgeknap is was daar nie baie werk te
doen nie â Abi het net haar persoonlike stylstempel kom afdruk en dit
in ân gesellige eklektiese tuiste omskep. >>
Abi hou van vars blomme en plante in haar huis
vandaar die groenigheid rondom die hangende
glas-kershouer.
Smeulstofie van Builders
Lig stroom in by die twee groot skuifraam-
vensters op die eerste verdieping; op die
ongepleisterde muur is die klip waarmee die
huis oorspronklik gebou is sigbaar.
Kiaat-kas van Weylandts
Abi het ân eiland in die oopplan kombuis laat
inbou sodat sy die ruimte kon gebruik vir
kook eet én ontspan. Die rakke en spat paneel
van vlekvrye staal asook die spoorligte gee
die ruimte ân industriële kinkel.
November 2017 tuis 29