Tuis. 11

(Tuis.) #1

Dekor uit alle oorde


Abi ’n gebore Londenaar reis al van ’n baie jong ouderdom en dit
het onvermydelik haar liefde vir dekor geïnspireer en beïnvloed.
In haar kinderjare het sy jaarliks Afrika saam met haar ouers besoek
(haar ma is ’n Suid-Afrikaner en haar pa ’n Brit). Sy onthou hoe sy ná
’n vakansie in Suid-Afrika teruggekeer het na die Verenigde Koninkryk
met sakke vol lap en aandenkings vir haar kamer. “Dit moes maar
taamlik vreemd gelyk het in ’n Engelse koshuis!” sê Abi en lag.
Heelwat later tydens ’n universiteitsvakansie in Zambië het sy ’n
werk in tekstiel ontwerp losgeslaan en dis waar haar loopbaan in
interieurontwerp begin het.
Sewe jaar gelede het ’n werkgeleentheid haar Suid-Afrika toe
gebring. “Aanvanklik het ek in Tamboerskloof gewoon en dié plek as
werkspasie gebruik en met die musiekgroep Freshlyground gedeel”
verduidelik Abi. “Toe hulle begin toer en nie meer die ruimte nodig
gehad het nie het ek dit my huis gemaak.”
Met haar basis in dié 100 jaar oue blyplek wat eers ’n groente-en-
vrugtewinkel was reis Abi nog gereeld na Kenia en Ethiopië waar sy
krale koop vir haar juwelierswarereeks Soul Design. Sy is ook die
interieur ontwerper vir Tongabezi Lodge in Zambië.
“Ek is mal oor die karakter van die Bo-Kaap: die keisteenstrate
helder geverfde huise en die gemeenskapsgevoel. Dis hoofsaaklik ’n
Moslem-buurt en die daaglikse oproep tot gebed herinner my aan
Zanzibar!”
Omdat die huis oor die jare opgeknap is was daar nie baie werk te
doen nie – Abi het net haar persoonlike stylstempel kom afdruk en dit
in ’n gesellige eklektiese tuiste omskep. >>


Abi hou van vars blomme en plante in haar huis
vandaar die groenigheid rondom die hangende
glas-kershouer.
Smeulstofie van Builders

Lig stroom in by die twee groot skuifraam-
vensters op die eerste verdieping; op die
ongepleisterde muur is die klip waarmee die
huis oorspronklik gebou is sigbaar.
Kiaat-kas van Weylandts

Abi het ’n eiland in die oopplan kombuis laat
inbou sodat sy die ruimte kon gebruik vir
kook eet én ontspan. Die rakke en spat paneel
van vlekvrye staal asook die spoorligte gee
die ruimte ’n industriële kinkel.


November 2017 tuis 29

Free download pdf