Abi James se huis het ân manier om
ieder en elk gelukkig te laat voel.
Die treffende blou voordeur omraam met muurkuns van ân grenadellaÂ
plant in volle blom laat gaste altyd glimlag wanneer hulle by dié
interieur en juwelierswareÂontwerper se toevlug in die BoÂKaap instap.
Die ingang is die eerste aanduiding van Abi se liefde vir als wat mooi
is. Maar sy glo vas dat skoonheid iets om die lyf moet hê en met die
intrap slag is dit duidelik dat dié ruimte nie net ân mooi prentjie is nie.
Binne is dit versier met aandenkings van haar reise haar vorige
huise in die Verenigde Koninkryk Noord en SuidÂAfrika en van
kunstenaars wat sy tydens haar reise ontmoet het. Dis ân rustige
toevlug waar elke vertrek jou na ân ander wêreld wegvoer.
Die gebruik van wit en ander neutrale kleure
laat die leefkamer elegant dog gemaklik voel.
Kandelaber van Block & Chisel; kanttafeltjies
van Weylandts gumtree.co.za en Amatuli; mat
van Moroccan Warehouse
Voordeur
Binne-
hof
Grondvloer
Kombuis
Eerste verdieping
Slaapkamer
Ateljee
Badkamer
Trap
Leefarea