Tuis. 11

(Tuis.) #1
VERSKAFFERS Amatuli 011 440 5065 amatuli.co.za Block & Chisel 021 691 0878 blockandchisel.co.za Builders 0860 284 533 builders.co.za
Caroline Gibello 072 143 4503 galleriagibello.com Malawi Chairs malawichairs.co.za Moroccan Warehouse 021 461 8318 Nap napliving.co.za
Soul Design 076 527 8717 souldesign.co.za Susie Jayne Baily 082 359 9412 Weylandts 021 914 1433 weylandts.co.za

V&A met Abi
Vertel wat jy onlangs gekoop het en waarvan jy onlangs ontslae geraak het?
Ek het ’n poeierpienk beker gekoop wat by my rusbank pas en die deken op my
bed vervang met ’n kleurryke deken van Indiese lap; die oue het ek weggegee.
As jy kon trek waar sou jy woon? San Francisco lyk na ’n wonderlike stad en
Lamu-eiland in Oos-Afrika is ’n droom-bestemming.
Wat is jou kosbaarste besitting? My Ethiopiese kruise.
Wat dink jy is die grootste dekorfout wat mense maak? Mense koop dikwels iets
omdat dit trendy is pleks van iets waarvoor hulle regtig lief is.
Wat is jou gunstelingplant en hoekom? Ek is dol oor palms; dit kan ’n ruimte so
lekker volmaak.
Waar koop jy graag dekor? Moroccan Warehouse Weylandts Malawi Chairs
gumtree.co.za Nap Keniaanse markte vir lap vanoor die hele Afrika Block &
Chisel vir lampe Caroline Gibello vir foto’s en anthropologie.com vir breekgoed.

Abi sê die binnehof van 40 m² (oorkant)
laat haar voel of sy kilometers ver van
die besige stads kern is. Dis gevul met
hartsgoed soos ’n ysterbed uit haar
kinderdae wat nou sitplek bied ’n
sambreel uit Indië en rottangstoele uit
Malawi. Die mosaïek-fontein (inlas) was
hier toe Abi intrek; dit gebruik herwinde
water en pas perfek by haar styl.
Vloerteëls en wit tafel van Moroccan
Warehouse

Ek hou van items wat ‘n storie vertel en gebruik graag kleur en tekstuur. – Abi


Abi gebruik die tweede slaapkamer as ateljee; dis waar
sy juweliersware en dekorbykomstighede maak. Die
dennehout rakke is pasgemaak en nuwe juweliersware
hang aan groot dryfhoutstompe.

32 tuis November 2017

Free download pdf