Tuis. 11

(Tuis.) #1

K


Kowie Pretorius het nog altyd geweet hoe haar droomhuis moet lyk – tot op
die fynste detail. Toe sy en haar man Nico in 2011 besluit om huis te bou
was sy slaggereed gewapen met meer as 2 000 inspirasie-foto’s.
“Ek wou ’n bietjie van als hê!” onthou sy. “Ons huis moes aards wees met
’n oop plan ietwat van ’n industriële styl en ’n kombinasie van moderne en
meer klassieke elemente.”
Op die ou end kon Kowie ’n prokureur wat nou tuisblyma is al haar
gunstelingstyle inwerk by dié huis met sy ses slaapkamers en vier badkamers
op die Brigadoon-gholflandgoed net buite Rustenburg aan die voet van die
Magaliesberg. Die oop ruimtes laat natuurlike lig van alle kante af instroom en
bied ’n lieflike uitsig op die indrukwekkende gholfbaan die uitgestrekte veld
en majesteuese berge wat dit omring; uit dié omgewing het Kowie inspirasie
geput vir haar aardse palet met skakerings van bruin en grys. Spatsels groen
blou en geel voltooi die prentjie.
Buiten ’n praktiese ontwerp wat gemaklike vloei tussen die onderskeie dele
verseker was die paartjie se hoofdoel om ’n knus gesinshuis te skep met al
hul hartsgoed – hetsy geërf gerestoureer of herwin.
“Ons kon ons visie hier laat realiseer” sê Kowie met ’n glimlag. “En ons
voel bevoorreg om ’n huis te hê waar ons kinders kan fietsry boomklim en
buite speel net soos ons in ons kinderdae gedoen het.”

Die gevoel van ruimte wat die
industriële trap en hoë vensters
skep is presies wat die paartjie vir
hul huis se ingang wou hê. “Daar’s
nie ’n enkele hoek van die huis wat
nie ’n mooi uitsig het nie!” sê Kowie.
Vintage-stoele oorgetrek in lap van
Hertex; strooikussing-oortreksels
gemaak uit vadoeke van EnStyle
op Parys

Mat van Coricraft; koffietafel van Amatuli;
hanglamp van Weylandts

Die styl in die sitkamer (links) is
’n kombinasie van stedelik-sjiek
rustiek en landelik. Kowie het titsels
groen by die neutrale agtergrond
gevoeg vir ’n speelse natuur-
element; die oulike swartbord-bokse
is gemaak van ou kratte wat op
’n ou vriend se plaas op Kroondal
gebêre was.

leserhuis

Free download pdf