Tuis. 11

(Tuis.) #1

38 tuis November 2017


Blink idee!


Vir ’n laag-op-laag-
effek het die paartjie
’n wit paneel teen
die donker plafon
geïnstalleer.


Die kombuis het drie dele:


  • ’n Eiland van 34 x 13 m staan sentraal in die oopplanvertrek wat beteken al die kombuisgereedskap is byderhand
    en die gesin kan maklik maaltye saam geniet.

  • ’n Spens agter die kombuis huisves ’n kruidenierskas en elektriese toestelle. “Toestelle moenie uitgestal word nie”
    sê Kowie. “Dié vertrek is ook die kinders se ‘kombuis’ waar hulle iets kan maak om te eet of kan bak en brou. As hulle
    nie behoorlik opruim nie is die bewyse ten minste nie daar vir die wêreld om te sien nie” sê Kowie en lag.

  • Die skottelgoedwasser en wasbak is weggesteek in die opwaskamer agter die spens. “Omdat daar altyd skottelgoed
    aan die ophoop is is dié ‘wegsteekplek’ ’n seën!” sê sy.


[KOMBUIS]
Die kontemporêre kombuis is Kowie se trots. “Ek het duisende inspirasie-foto’s vir die res van die
huis gehad maar net een vir my kombuis!” sê sy.
Free download pdf