Tuis. 11

(Tuis.) #1

66 tuis November 2017


[RAAMLOSE GLAS]
Die Prinse meen die raamlose
glasdeure was absoluut die
ekstra uitgawe werd. Maar sê
hulle onthou om voorsiening te
maak vir die ekstra spasie wat
die opgestapelde deure in
beslag neem wanneer dit
oopgeskuif is; daar moet ook
geen obstruksies wees nie. Dié
deur het ’n spoor bo en onder.
Hoewel die raamlose glas baie
sterk is moet dit tog met sorg
oop- en toegemaak word. Elke
paneel het gewoonlik ’n breedte
van tussen 500 mm en 800 mm
en die maksimum hoogte vir so
’n deur is sowat 2 700 mm.

Die braai spog met ’n kaggelrak van
sandsteen; dit het ’n ruwe voorkant
wat die informele gevoel versterk.
Die ou trommel wat Carina by haar
oom gekry het kom uit Holland.


Vloer deur Stucco Italiano; kaggelrak
deur J.A. Clift-granietwerke;
rottangstoele van La Grange Interiors;
bank van Coricraft


Glasdeure van Frameless Glass
Free download pdf