November 2017 tuis 65
Grootte: 32m 2
Front: noord-
noordoos
geniet is dat alles kan oopmaak â nie net
verbind die raamlose glasdeure die stoep
met die tuin nie die stapeldeure tussen die
stoep en die sitkamer skuif ook heeltemal
uit die pad. Dis nou oopplanleef tot die
maksimum!
ân Sierlike ysterprieel vooraan die stoep se
dak versag die oorgang tussen binne en
buite met ân wit bougainvillea en ân Port St
Johns-klimop (Podranea ricasoliana) wat
daaroor rank. Saam met die hortjies en die
rooi klinkerstene met wit sement tussenin
skep dit ân romantiese gevoel.
âDit bied ook ekstra skaduwee en pas
perfek by die atmosfeer van ons huisâ sê
Carina.
Wat die dekor betref was dit vir haar
belangrik om die stoep informeel te hou.
âMet die rankplante daaroor wou ek dit soos
ân regte âtuinhuisâ laat voel. En binne het ons
ontblote ruwe bloekombalke juis gekies om
die natuur binnetoe te bring.â >>