Tuis. 11

(Tuis.) #1

Grootte: 56 m


2

Front: suid


In die Wildernis


(^5) Jill en Craig Marion leef so te sê dag en nag op hul veranda. En
hoekom nou nie? Hulle word immers omring deur ’n deel van die
Tuinroete Nasionale Park met sy ryk voëllewe en natuurskoon!
“Ons slaapkamer maak op dié veranda oop en ons eet al ons
maaltye hier behalwe aandete in die winter!” vertel Jill.
“Partytjies hier is heerlik want ons het genoeg spasie vir dans.
Ons gebruik die stoep ook dikwels as tydelike kantoor – terwyl ons
werk kan ons kyk hoe die byevangers in die swembad duik!”
Jill beskryf die styl van die stoep as Suid-Afrikaans met ’n
Mediterreense gevoel – ’n voorkoms waarvan hulle baie hou
aangesien hulle dikwels na Griekeland reis.
“Ek was my lewe lank nog ’n versamelaar van mooigoed en baie
van my dekor kom van Australië waar ons voorheen gewoon het”
vertel sy.
Met sy sinkdak wat aan die onderkant wit geverf is vir ’n ligte
voorkoms is die stoep heeltemal beskut teen die elemente. “Ons
wou aanvanklik ’n Isoboard-plafon insit teen die hitte maar het
gevoel dit sou daardie tipies Suid-Afrikaanse kothuis-voorkoms
bederf” vertel Craig. “Gelukkig kan ons die hortjies aan die een
kant oopmaak en dan is daar ’n heerlike bries.”
[SLIM HORTJIES ]
Dié deel van die stoep was aanvanklik oop maar omdat die
koue seewind lastig was en die klammigheid die gestoffeerde
meubels beskadig het het die Marions besluit om dit toe te
bou. Ter wille van ventilasie is wel ’n opening gelaat met
groen hortjies daarvoor.
“Dis ’n praktiese oplossing” sê Jill. “Ons is nogal verbaas
dat die hortjies sonder ’n venster so te sê heeltemal waterdig
is want die ingeboude dagbed daaronder bly altyd droog.”
VERSKAFFERS @home 0860 576 576 home.co.za
Candelabra 021 939 1001 candelabralighting.co.za Cemcrete 011 474 2415 cemcrete.co.za
J.A. Clift-granietwerke 021 863 3016 cliftgranite.co.za Coricraft 011 611 8700 coricraft.co.za
Frameless Glass 0861 344 527 framelessglass.co.za La Grange Interiors 021 447 3508 lagrangeinteriors.co.za
MRP Home 0800 212 535 mrphome.com Shadeline Awnings 011 728 8233 shadelineawnings.co.za
Stucco Italiano 021 982 0006 stuccoitaliano.co.za
Udumo Designs udumodesigns.co.za Union Tiles 011 663 2000 uniontiles.co.za
Weylandts 0860 103 400 weylandts.co.za Wonder Rock 044 874 7311
Slim plan
Saam met die muur kon ’n
dagbed ingebou word wat nou
dié kant van die veranda anker
en gerieflike sitplek bied danksy
gemaklike los kussings.
Jill en Craig het
die hortjies by ’n
antiekwinkel op
Robertson raakgeloop
toe hulle eenkeer van
die Kaap af terug
huis toe gery het. Dis
geverf in Arapaho
Valley van Duram.
French Limestone-teëls
van Wonder Rock

Free download pdf