November 2017 tuis 69
Die veranda kyk af op die binnehof met sy swembad
en prieel. Craig en Jill gebruik dié deel ook graag
vir partytjies en aandetes in die somer. Die groot
Indonesiese spieël is meer as 25 jaar terug by die
destydse Wetherlys gekoop; dit was jare lank binne
die huis maar Jill sê sy het nou die perfekte plek
daarvoor gevind. En die Knysna-loeries kom bewonder
hulself graag in die weerkaatsing!
Ons het ân reël in ons huis: Almal kan kom en gaan
soos hulle wil maar wanneer dit tyd is vir skemerdrankies
moet almal op die veranda bymekaarkom! â Jill