Tuis. 11

(Tuis.) #1
SO MAAK JY

5 Sit die PVC-raam op die seil neer. Gebruik nou die L-liniaal en
trek ’n lyn van die buiterand van onderskeidelik die elmboogpyp en
die T-pyp na die rand van die seil. Verbind dié lyne aan die
binnekant van die raam. Knip die vorm op elke hoek van die seil
uit. Wenk Meet en merk net een hoek en gebruik die stuk seil wat
jy afgeknip het as patroon vir die ander drie hoeke.


Kyk die video
op tuis.co.za.
November 2017 tuis 71

doen dit self


1


1 Klamp die PVC-pyp in die
bankskroef vas en saag dit in die
volgende lengtes: • twee 1 m


  • twee 600 mm • vier 40 mm

  • vier 150 mm.


2


2 Sit ’n elmboogpyp op elke ent van die twee 600 mm-pype vas met die PVC Weld. Lym en druk
’n 40 mm-pyp in die oop kant van elke elmboogpyp gevolg deur ’n T-pyp. Maak seker die
elmboog- en T-pype is haaks. Jy moet nou twee identiese sye hê. Lym en druk die 1 m-pype in
die T-pype sodat dit ’n reghoek vorm. 3 Vir die pote draai die sluitproppe aan een ent van die
150 mm-pype vas en lym dit in die T-pype. 4 Meet en knip die seil op maat: 1 x 155 m.

3 4


5 6 7


6 Vou die skuins uitgeknipte rande van die seil om met 15 cm.
Stik die naat met swart gare vir ’n netjiese bostik-voorkoms.
7 Vou die lang rande van die seil ook met 15 cm om. Steek die
wollerige helfte van die Velcro hieraan vas; knip dit op maat en
stik vas.

8 9


8 Posisioneer die raam in die middel van die seil; vou die seilrande oor die pype en merk waar dit lê.
Voeg ’n ekstra 15 cm na die middel van die seil by; dis waar die binnerand van die growwe Velcro aan
die seil vasgestik moet word. Gebruik dié keer roomkleurige gare sodat dit by die seil se kleur pas. Steek
die Velcro op die merk vas en stik vas.


9 Sit die seil aan die raamwerk
vas met die Velcro; jy sal dit
effens moet styftrek. Roep nou
die hond – dis tyd vir lê!
Free download pdf