Tuis. 11

(Tuis.) #1
Stuur jou vrae na [email protected].

Hartsiekte by honde
Lindy du Toit van Pretoria skryf My
vriend se poedel is gediagnoseer met
mitrale inkompetensie en blykbaar is
dit baie ernstig. Ek het nog nooit
daarvan gehoor nie maar nou is ek
bekommerd oor my eie twee poedels.
Waarvoor moet ek uitkyk?
Jacqueline
Mthembu projek­
bestuurder by
Boehringer Ingelheim
antwoord Mitrale
inkompetensie is die
gevolg van ’n hartklep
wat lek. Dis die
algemeenste hartsiekte onder honde en
kom gewoonlik voor by klein tot middelslag-
rasse wat minder as 20 kg weeg soos
foksterriërs poedels schnauzers en
chihuahuas.
Die toestand veroorsaak dat die
hartkleppe verdik gevolglik maak dit ná
elke hartklop nie behoorlik toe nie. Daar
loop dan bloed terug in die linkeratrium en
dit veroorsaak ’n “gesuis” wat ’n veearts
net met ’n stetoskoop kan waarneem.
As jou hond vinnig asemhaal kortasem
is of flou val moet jy hom liefs laat
ondersoek.
Omdat tekens van hartsiekte in die vroeë
stadiums nie maklik sigbaar is nie en jou
hond se liggaam waarskynlik aanpas om
die simptome te verlig bestaan die
moontlikheid dat jy nie sal agterkom hy is
siek nie. Maar mettertyd sal sy liggaam nie
meer die siekte kan beveg nie en dit kan
lei tot hartversaking.
Dit is dus uiters belangrik dat
jou veearts gereeld jou hond se hart
ondersoek. Hoewel daar nie ’n genees-
middel is nie kan jou dieremaat ’n lang
gelukkige lewe lei mits die siekte vroeg
gediagnoseer en goed bestuur word.
Studies het bewys dat behandeling
tydens die vroeë stadiums van ’n lekkende
hartklep jou hond se lewe kan verleng.
As jy enige veranderinge in jou hond
se gedrag eetlus of aktiwiteitsvlak oplet
as jy vermoed hy is dalk ’n risiko-geval of
as hy van ’n klein ras en ouer as sewe is is
dit bitter belangrik dat jou veearts gereeld
sy hart ondersoek.

KONTAK heart2hearthome.co.za of
petlifesa.com

V&A

WEN!


Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n Car Seat
Hammock vir honde of ’n middelslag-Snuggle Rug vir katte van Wagworld
(wagworld.co.za). Albei produkte is by voorste veearts- en troeteldierwinkels te kry. Die
Car Seat Hammock beskerm jou motor se agtersitplek teen hare krapmerke nattigheid
en vullis en boonop hou dit Wagter veilig. Die Snuggle Rug is geskik vir binne én buite
in hokke en kratte – en jy kan dit in die wasmasjien gooi! Stuur jou foto’s (minstens 2MB
elk) en volledige kontakbesonderhede na [email protected] – dalk is jou dieremaat
ook ’n wenner! Sien ons kompetisiereëls op bladsy 128.


Draai links
hier voor!
Almal op die dorp weet
wanneer Bongo op pad
is. – Elmari Silvestri
Modimolle

Trots Suid-Afrikaans!

Dolle vaart
Casey hardloop graag
in die veld.


  • Helen du Plessis
    Garsfontein


November 2017 tuis 83

Free download pdf