Tuis. 11

(Tuis.) #1

lesertuin


[ROOSLYS]


Die formele roostuin
Langs die swembad is die formele roostuin met
sowat 200 roosbome. Dié tuin is met baksteen-
paadjies verdeel in vier beddings – elk in sy eie
kleur: rooi geel en oranje wit en pienk (sien
skets regs). Teen en oor die prieel in die
middelste deel van die roostuin groei rank-
‘Icebergs’ en pienk en wit bougainvilleas terwyl
’n ‘Crépuscule’-roos die bankie aan die een
kant omraam.
Justine vertel die rose het in die somer
erg gebrand. Hulle het besef die weerkaatsing
van die hoë witgeverfde muur tussen die
swembad en die roostuin is die probleem. Deur
eenvoudig die muur in ’n ander kleur te verf is
die probleem opgelos.
“Ek is baie lief vir rose maar hulle vra baie
aandag. Ons volg ’n spuitprogram en sny
gereeld dooie knoppe uit. Blaarvoeding word
as deel van die spuitprogram toegedien. Die
rose kry ook op ’n gereelde basis
8:1:5- bemesting en een keer per jaar
kompos” vertel sy.
Buiten die formele roostuin het sy ook
heelwat ‘Icebergs’ elders in die tuin.

Roosmarynheining

Koemkwat

Roosmarynheining

Boog en bankie

Koemkwat

1 Rooi
‘Double Delight’
‘Francois Krige’
‘Ingrid Bergman’
‘Cora Marie’
‘Papa Meilland’
‘Red Devil’
2 Geel en oranje
‘Flamingo’
‘Germiston Gold’
‘Out of Africa’
‘Harmonie ‘
3 Wit
‘Virgo’
‘Green Cream’
‘Pascali’
‘Porcelain’
‘Bride’s Dream’
4 Pienk
‘Duet’
‘Burning Sky’
‘Esther Geldenhuys’
‘Nightingale’
5 ‘South Africa’
6 ‘My Granny’ en ‘Pink
Sunsation’
7 & 8 ‘My Granny’
‘Pink Sunsation’ en
‘Mister Lincoln’

Swembad

1

3

8

2 5

6

7

4

8
Free download pdf