Tuis. 11

(Tuis.) #1

November 2017 tuis 97


Klanktuin
In dié ontwerp het Neville verskeie
elemente gekombineer wat lieflik op die
oor sal val!


  • Mense kan klank in ’n tuin voortbring –
    nie net deur hul stemme nie maar ook
    wanneer hulle loop. Die gruisklippies in die
    paadjie maak ’n lekker knarsgeluid wanneer
    jy daarop trap.

  • Die klank van kabbelende water het ’n
    wonderlik kalmerende uitwerking op ’n
    mens en dié stroom met sy natuurlike
    voorkoms doen presies dit. Met klein vlak
    uitklimplekke is dit boonop paddavriendelik!
    Die klank van paddas bring snags lewe in
    jou tuin en maak jou bewus van die kontras
    tussen die klanke van die dag en die nag.


Grootte: 15 x 65 m
Son tot skaduwee

Neville Orsmond
van Create a Landscape
Garden Design Group

Vir ’n riviertjie
het jy ’n langwerpige
tuinontwerp nodig.
Bome teen die grens
sal klank van
buite verbloem.


  • Neville


luister proe voel ruik & kyk tuine


Chelsea-klanktuin

1 3 4 5 6 7

8
9

10

11

12

13

2

1 Laventelboom (Heteropyxis natalensis)
2 Seweweeksvaring (Rumohra adiantiformis)
3 Skindersalie (Plectranthus verticillatus)
4 Blouheuningklokkiesbos (Freylinia tropica)
5 Vuurpyl (Kniphofia praecox)
6 Biesie (Juncus effusus)
7 Koorsboom (Vachellia xanthophloea)
8 Wildelobelia (Lobelia anceps)
9 Besembossie (Gomphostigma virgatum)
10 Aronskelk (Zantedeschia aethiopica)
11 Dekriet (Chondropetalum tectorum)
12 Dwergbiesie (Cyperus prolifer)
13 Aasbossie (Coleonema album)

[PL ANTLYS]


1



Daar is ’n fontein op elke punt van die
stroom wat vir nog meer klank en ekstra
visuele effek sorg.


  • Diere en voëls skep ook klank. Voëls is lief
    vir laventelbome se saad – plant hulle in ’n
    laning al met die stroompie langs. Die dak
    wat die koorsbome vorm gee die voëls ’n
    veilige omgewing om in te baljaar en met
    sitplek daar naby kan jy nader met hulle
    kennis maak! Die blouheuningklokkiesbos
    lok bye wat ’n ekstra klankelement in die
    tuin bring.

  • As jy die regte plante kies sal dit bydra tot
    die klankspel. Dink aan die geluid van wind
    in die bome of ornamentele grasse wat ritsel
    as daar ’n luggie trek.

  • Vir ’n ekstra klankelement of twee hang
    Neville windklokkies in die bome en stel hy
    ’n vuurput in die kuierdeel voor. Wie kan
    nou die geknetter van ’n vuurtjie ná ’n lang
    dag in die kantoor weerstaan? >>


KONTAK
Neville Orsmond createalandscape.co.za
[email protected]

Paadjie van gruisklip

Windklokkies in bome

Vuurput Fontein

Voëlbadjie

Stroompie
Free download pdf