98 tuis November 2017
tuine luister proe voel ruik & kyk
Proetuin
Wat is lekkerder as kraakvars organiese
groente? Dié spiraalvormige groentetuin is
perfek vir ân klein ruimte. Dit kan selfs op ân
dak of ân geplaveide deel gemaak word â los
dan net die kamillegrasperk uit sê Jaco.
- Kies ân sonnige hoekie wat minstens 6 uur
son per dag kry. Bou die spiraal met
skanskorwe (draadmandjies waarin klip
gepak is) bakstene of klip en vul die spiraal
met komposryke grond. Moenie die spiraal te
breed maak nie â jy moet by die groente kan
uitkom wanneer jy langs die spiraal staan. - Plant laer groeiende groente in die
buitenste sirkel van die spiraal sodat jy by die
binneste spiraal kan bykom vir pluk. Plant
roosmaryn heel bo en snoei dit in ân
interessante vorm. - Installeer drup- of sprinkelbesproeiing wat
net die spiraaltuin natmaak sodat geen water
vermors word nie. - Maak voorsiening vir ân dammetjie in die
ontwerp om lewe na jou spiraaltuin te lok.
Dit is ook die perfekte plek om bronkors
te plant. - Plant ân kamillegrasperk reg rondom jou
spiraaltuin. Terwyl jy jou groente en kruie
pluk geniet jy sommer die heerlike geur van
dié grasperk!
Jaco Brand
van Picardi Place
Grootte: 12 m hoog
3 m breed en 5 m lank
Volson
1 Spinasie
2 Sitroentiemie (Thymus
citriodorus)
3 Origanum (Origanum vulgare
âAureumâ)
4 Pers opaalbasiliekruid (Ocimum
basilicum âPurpurascensâ)
5 Grasuie (Allium schoenoprasum)
6 Mosterdslaai (Eruca vesicaria)
7 Aarbeie
8 Basiliekruid (Ocimum basilicum)
9 Roosmaryn (Rosmarinus
officinalis)
10 Knoffel
11 Bronkors in die dammetjie
(Nasturtium officinale)
12 Sitroengras (Cymbopogan
citratus)
13 Wortels
14 Beet
15 Preie en uie
16 Blaarslaai in
verskillende kleure
17 Kamillegrasperk
(Anthemis nobilis)
[PL ANTLYS]
Chelsea-proetuin
1
1
1
2
2
2
3
3
3
4
5
8
9
6
(^64)
4
7
7
4
10
11
13
13
12
13
14
17
16
15
15
16
Dammetjie
Skanskorwe
2
KONTAK EN BRONNE
Jaco Brand 082 788 9019 picardiplace.co.za
- welcometovoluntarysimplicity.wordpress.com
- mysquarefootgarden.net/creating-an-herb-spiral/