Tuis. 07

(Tuis.) #1
Luukse aartappelslaai met forel
Onder R160 • Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 15 minute • Gaarmaaktyd: 10 minute


  • 600 g baba-aartappeltjies
    gewas

  • 250 ml suurroom

  • wasabi na smaak

  • ’n hand vol babaspinasie

  • 200 g broccolini gestoom

  • 1 klein komkommer geskil
    en in blokkies gesny

    • 1 groot ryp avokado geskil
      ontpit en in blokkies gesny

    • 150 g gerookteforel-repies

    • 2 sprietuie gekap

    • suurlemoenwiggies




Halveer die aartappeltjies en kook in
soutwater tot gaar. Dreineer en laat
effens afkoel. Meng die suurroom en
wasabi roer dit deur die aartappels
en geur met sout. Skep die groente
en avokado bo-oor en rond af met
die forel en sprietuie. Sit louwarm
voor met suurlemoenwiggies.


  • 1 klein blomkoolkop
    •15ml olyfolie

  • 3 ml gerasperde
    suurlemoenskil

  • knippie neutmuskaat

  • knippie rissievlokkies

  • 500 g gnocchi

  • 45 ml botter

    • 4 salieblare

    • ’n groot hand vol
      babaspinasie

    • 100 g bloukaas
      gekrummel

    • 125 ml geroosterde
      haselneute of brood-
      krummels




Gnocchi met bloukaas en blomkool


Onder R90 • Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 25 minute • Gaarmaaktyd: 20 minute


1 Sny die blomkoolkop in kwarte en dan in kleiner brokkies.
Sprei dit uit op ’n bakplaat en geur met die olyfolie
suurlemoenskil neutmuskaat rissievlokkies sout en peper.
Rooster onder ’n voorverhitte roosterelement tot gaar (sowat
15–20 minute). Hou dop en roer indien nodig.
2 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die gnocchi
totdat hulle begin dryf – dit beteken hulle is gaar. Smelt die
botter in ’n groot pan voeg die salie by en skep die gaar
gnocchi met ’n gaatjieslepel uit die water en in die pan. Braai
tot elke happie met botter bedek is en bros word.
3 Voeg die spinasie en bloukaas by en roerbraai tot die kaas
net begin smelt en die spinasie verwelk. Verwyder van die
hitte meng die blomkool deur en strooi die neute oor.


Variasie


Jy kan die forel vervang
met geblikte salm of
tuna.

Julie 2017 tuis 119


kortpadkos

Free download pdf