Tuis. 07

(Tuis.) #1

122 tuisJulie 2017


kos stap vir stap


DeurJohané Neilson
Foto’sFrancois Oberholster

1


3


2


4


Dié luukse Italiaanse gunsteling is perfek as jy ’n lang tafel moet voed.


1 Maak die vulselVoorverhit die oond. Sprei die botterskorsie ui knoffel en tiemie in ’n
oondbak uit geur met sout peper en neutmuskaat en sprinkel die olyfolie oor. Rooster tot
goudbruin en sag (sowat 25 minute).
2 Haal die pampoen uit die oond meng die ricotta en melk by en verwerk tot ’n gladde
puree. Verwyder die worsies se velletjies krummel die vleis en braai tot bros. Meng dit dan
met die botterskorsiepuree. Maak seker die vleiskorrels is klein genoeg om deur ’n spuitsak
se punt te gaan. As dit ’n weggooibare sak is kan jy die punt groter knip indien nodig. Draai
die oondtemperatuur af na 180 °C.

3 Skep die passata-tamatiesous op die bodem van ’n oondbak. Geur met die vars kruie
sout en swartpeper. Maak die cannelloni-buise regop staan in die sous (die aantal buise
het goed in ons bak van 31 cm in deursnee gepas). Skep die vulsel in ’n spuitsak en vul al
die buise daarmee.
4 Klits die suurroom en parmesaankaas vir die witsous saam en verdun dit met die melk.
Skep die sous oor die hele bak. Strooi die mozzarella oor sit die deksel op en bak vir sowat
30 minute. Verwyder die deksel en bak vir nog 10 minute of tot gaar. Smelt die botter en
braai die salieblare en dennepitte tot dit begin bruin word. Drup dadelik oor die gaar
cannelloni en lê weg. Bykomstighede

Le Creuset (086 177 3321 lecreuset.com)

ALMAL KAN ’N


cannelloni MAAK


Botterskorsie-en-
varkworsie-cannelloni
Ek is mal oor die tekstuur van
botterskorsie maar jy kan beslis ook
pampoen gebruik.

Genoeg vir 6–8
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 10 minute
Oondtemperatuur: 200 °C


  • 750 g (3 pakkies) cannelloni-buise

  • botter
    VULSEL

  • 15 kg botterskorsie geskil en in
    blokkies gesny

  • 2 uie in wiggies gesny

  • 3 knoffelhuisies

  • 4 takkies tiemie

  • neutmuskaat

  • 45 ml olyfolie

  • 280 g ricottakaas

  • 125 ml melk

  • 8 vars varkworsies met salie
    TAMATIESOUS

  • 700 ml (1 bottel) passata-
    tamatiesous

    • vars basilie en pietersielie

      • sout en varsgemaalde swartpeper
        WITSOUS

        • 500 ml suurroom

          • 2 hande vol parmesaankaas
            gerasper

            • 250 ml melk

              • sowat 250 g mozzarella
                gerasper
                SALIEBOTTER

                • 100 ml botter

                  • 6 salieblare

                    • 60 ml dennepitte
                      (opsioneel)



















Free download pdf