Tuis. 07

(Tuis.) #1
Vlooie en winterbloutes
Jenny Mason van Durban skryfIs dit nodig
om vlooiprodukte in die kouer maande te
gebruik? My worshonde krap omtrent nooit
in die winter nie maar ons gaan stap nog
gereeld in die park. Enige raad?
Dr. Lauren Geraty van
Merial South Africa wat in
dieregesondheid spesialiseer
antwoordAnders as wat baie
mense dink gaan vlooie nie in ’n
winterslaap nie maar kom van die
ergste vlooi-infestasies juis nou
voor wanneer eienaars vlooi- en
bosluisbeheer staak. Die winter met sy laer
temperature is eintlik die ideale tyd om ’n
voorsprong te kry in die stryd teen vlooie. Hou
die volgende in gedagte:
1 Die wintermaande kan dalk verligting bring
vir jou diere se gejeuk maar dit beteken nie
hulle het nie vlooie nie. As jy in die lente eers
weer begin behandel teen vlooie sal jy 3 tot
4 maande agter wees. Behandel maandeliks
deur die jaar om te keer dat dit gebeur.
2 Behandelings elke 12–14 weke is nie
voldoende om vlooie deur hul hele lewen-
siklus weg te hou nie. Volwasse vlooie maak
net 5% van die totale bevolking uit; die ander
95% is eiers larwes en papies. Vra jou vee-
arts om ’n produk aan te beveel wat vlooie in
alle stadiums van hul lewensiklus doodmaak.
3 Hoewel dit belangrik is dat jy jou huis skoon
hou deur gereeld te stofsuig en te spuit teen
vlooie is dit nie genoeg nie. Jy moet jou diere
self elke maand behandel anders sal vlooie
op hulle voed eiers lê en vermeerder.

SOORT PRODUKTE
Aanwend-produkteDrupbehandelings word
eenmaal per maand aangewend. Daarna bly
die aktiewe bestanddele in die vel se oliekliere
en word dit stadig deur die maand op die vel-
en haaroppervlak vrygestel om jou troeteldier
te beskerm. Dit dood volwasse vlooie larwes
en eiers asook enige vlooie of bosluise wat
met jou troeteldier in aanraking kom. Sodra
die behandeling aangewend en droog is kan
jou troeteldier weer swem of gebad word.
KoutabletteIndien jou hond gedurig lek lief
is vir die buitelug of gereeld in die water speel
sal ’n koutablet ’n geriefliker opsie wees. Vir
beskerming teen vlooie sowel as bosluise kies
’n produk soos Nexgard ’n koutablet met
groente as basis wat een keer per maand
toegedien word. Dit is bekostigbaar en
troeteldiere aanvaar dit maklik.

V&A

WEN!


Die eienaars van die diere wie se foto’s
hier verskyn wen ’n middelslag-K9 Castle
en Winter Blankie vir honde of ’n middelslag-Snuggle
Rug vir katte van Wagworld (wagworld.co.za). Al die
produkte is by voorste veearts- en troeteldierwinkels
te kry. Die K9 Castle bied ondersteuning vir heerlike
slapies; dit spog met syleunings van water bestande
seil. Die Snuggle Rug is perfek vir kietsies wat
verhaar en binne kuier. Stuur jou foto’s (minstens
2MB elk) en volledige kontakbesonderhede na
troeteldiere@tuis
dieremaat ook ’n w
ons kompetisiereë
bladsy 127.


Trots Suid-A

Nou gaan
ek nêrens nie
Chester is mal oor die
nuwe gangmat.


  • Bianca van Zyl Wellington


KONTAK frontlineplus.co.za of
nexgardfordogs.com

Boeiende verhaal
Winter is die perfekte tyd vir Eddie
om uit te span met ’n lekker boek. –
Marichend Dixon Bellville

Stuur jou vrae na [email protected].

M d a m w e v

bosluisbehe

.co.za–dalk isjou
wenner!Sien
ëlsop

frikaans!!
Free download pdf