Tuis. 08

(Tuis.) #1

122 tuis Augustus 2017


kos stap vir stap


DeurJohané Neilson
Foto’sFrancois Oberholster

132


4


5


Gebruik oorskiethoender en roerbraaigroente vir dié gevulde


plaatkoekies – perfek vir wanneer die honger laataand knaag.


1 Maak die deegSif die meel en geur met die sout peper en sprietuie. Roer die olie en
kookwater by en knie die warm deeg tot glad. Bedek met kleefplastiek en laat rus op die
werkblad vir 30 minute. 2 Roerbraai die groente vir die vulsel vlugtig in ’n bietjie olie tot
geurig. As jy wil kan jy nou die brandrissie knoffel gemmer en sojasous byroer.
3 Verdeel die deeg in 8 ewe groot balletjies; strooi ’n bietjie meel oor jou werkblad as die
deeg vassit. Hou ’n bakkie sesam-olie ’n kwassie en jou vulsel reg.

4 Rol nou een deegballetjie op ’n slag in ’n lang dun strook uit.
Verf met ’n klein bietjie olie en skep van die vulsel oor die helfte
naaste aan jou. Rol nou styf op weg van jou af (sien foto) totdat
jy ’n gevulde sigaarvorm het. Hou dit regop en druk dit met jou
handpalm plat om ’n koekie te vorm. Sprinkel die sesam-
saadjies oor en herhaal met die res van die bestanddele.
5 Panbraai die plaatkoekies in die olie tot deurgaar en
goudbruin alkant. As jy bang is die deeg is buite bruin en binne
nog rou bak die koekies vir sowat 10 minute in ’n voorverhitte
oond teen 180 °C. Geniet met ’n doopsousie van sojasous of
soet rissiesous en ’n strooisel sprietuie en koljander.

VAN OORSKIET


tot Oosters


Hoenderplaatkoekies
Ons het dié metode vir vinnige happies op
thewoksoflife.com gewaar.

Genoeg vir 8 koekies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 30 ml sesamsaadjies

  • 15 ml sesam-olie
    DEEG

  • 500 ml (280 g) koekmeel

  • ’n ruim knippie seesout en witpeper

  • 3 sprietuie se wit gedeeltes
    baie fyn gekap

  • 30 ml olie (ons het sesam-olie gebruik)

  • sowat 200 ml kookwater effens
    afgekoel
    VULSEL

  • 1 groot wortel geskil en gerasper
    of in julienne-repies gesny

  • 12 sampioene fyngekap

  • 300 ml fyngekapte kool

  • 15 ml olie

  • 1 rooi brandrisssie gekap (opsioneel)

  • knoffel na smaak (opsioneel)

  • 5 ml fyngerasperde vars gemmer
    (opsioneel)

  • 15–30 ml sojasous (opsioneel)

  • vars koljander

  • sowat 300 ml gepluiste
    braaihoender

Free download pdf