Tuis. 08

(Tuis.) #1

Uitleg
Jean het ’n baie spesifieke idee gehad van hoe hul nuwe blyplek
moes lyk. Hy en Teresa het ’n paar jaar voor hulle begin bou het in
’n lugballon oor die Franse platteland gesweef en hul hart verloor
op die uitleg van die kleinhoewes wat hulle daar uit die lug
aanskou het: ’n werf met ’n ingang of poort wat jou lei na die
hoofhuis en verskeie buitegeboue langsaan.
Aanvanklik het hulle met ’n argitek koppe bymekaargesit om iets
soortgelyks te prakseer maar op die ou end het hulle self planne
opgetrek en hul eie ontwerp gevolg.
“Die kinders Franchette Martinique en Jacques was reeds
klaar met skool en ons wou vir elkeen hul eie kothuis buite bou
sodat hulle kon kom en gaan soos hulle wil” vertel Teresa. “Dis
ook ideaal wanneer jou volwasse kinders trou en daar kleinkinders
kom – sodoende is almal steeds bymekaar maar met hul eie
leefruimtes.”
Gevolglik het die hoofhuis net twee slaapkamers en is daar twee
buitegeboue met volledige kothuise. Jean se kantoor is ook hier: ’n
romantiese klipgebou links op die werf.
Hoewel die buitegeboue heeltemal los van die hoofhuis staan
word dit slim verbind deur middel van verskeie “tuinkamers” wat
gemaklike vloei tussen die onderskeie geboue verseker. Teresa het
die hulp van die afgetrede tuinontwerper Bettie Ludick ingeroep
en hoewel dié aanvanklik gesê het sy sien nie meer kans vir groot
projekte nie kon sy nie die versoeking weerstaan om so ’n
pronkstuk te help skep nie. “Ons het die projek saam-saam
aangepak” vertel Teresa. “Dit was so lekker en tannie Bettie noem
dit nou haar aftreeprojek.” >>


Die tuin aan die agterkant van die huis is pure plaas met ’n
groot dam en ’n uitsig op die Eersterivier en Simonsberg. Hier
het die plantegroei ook ’n “losser vryer” gevoel.


Augustus 2017 tuis 43

Free download pdf