Tuis. 08

(Tuis.) #1
Liefde vir mooigoed
Teresa beskryf haar styl as eklekties dog romanties met ’n stewige
dosis klassiek Frans – niks gestroop minimalisties en onpersoonliks
vir haar nie!
Sy wou ’n gevoel van weelde in dié huis hê en het dit reggekry om
’n fyn balans te skep tussen ’n luukse woning en ’n plaashuis waar
gaste altyd welkom voel.
“Ons het klein begin. In ons 33 jaar van getroude lewe het ons al
sewe huise gekoop opgeknap en verkoop” vertel sy. “Dit gebeur
maar as jou man in die eiendomsbedryf is. Hy soek altyd die swakste
huis in die beste buurt uit en gee dit ’n nuwe baadjie. Ek glo nie ons
sal weer trek nie maar ’n mens weet nooit!”
Baie van die meubels in die huis is nog dieselfde as toe hulle
destyds getroud is. “My hande het al baie hout geskuur” lag Teresa.
“Ek glo nog altyd aan tweedehandse meubels koop verf en
restoureer. As jy min geld het dan moet jy maar net klaarkom met
wat jy het. Dis nou nog vir my lekker om self ’n projek aan te pak.”
Daarom snuffel sy ook graag rond by tweedehandswinkels regoor
die Boland tot in die Moederstad: Koöperasie Stories op Simondium
On Site in The Palms Lifestyle Centre in Kaapstad en Gister op
Somerset-Wes. “ ’n Mens sal altyd iets daar kry. Ek glo regtig dat jy
met jou hart moet kies: Koop waarvan jy hou dit sal iewers ’n plekkie
kry” sê Teresa. >>

Die houtvloere (bo links) is van eikehout wat met rook behandel
is om dit plek-plek ligter en donkerder te maak en sodoende ouer
te laat lyk. Teresa gebruik graag rooi in haar dekor ook in die tuin
(links). Sy glo dit gee trefkrag aan enige ruimte.

Weelde-wenk
WĞƌƐŝĞƐĞŵĂƩĞ͕ŚĞƚƐLJŽƵĚŽĨŶƵƵƚ͕ƚƌĞŬ͛ŶŚĞůĞ
ǀĞƌƚƌĞŬďLJŵĞŬĂĂƌ͖ĚŝƐǁĂƌŵĞŶƉĂƐďLJŽŵƚƌĞŶƚ
ĞůŬĞĚĞŬŽƌƐƚLJů͕ĞŶĚŝƐŶŽƉƚLJĚůŽŽƐ͘
Weelde-wenk
&ůƵǁĞĞů͕ƐŽŽƐĚŝĠĞĞƚŬĂŵĞƌƐƚŽĞůĞƐĞ
ŽŽƌƚƌĞŬƐĞůƐ͕ƐŬĞƉ͛ŶƌLJŬ͕ƐĂŐƚĞ͕ǁĂƌŵĞŶ
ƌŽŵĂŶƟĞƐĞĂƚŵŽƐĨĞĞƌĞŶŐĞĞĚŝĞƉƚĞ͕ŵĂĂŬŶŝĞ
ƐĂĂŬŝŶǁĂƩĞƌŬůĞƵƌĚŝƚŬŽŵŶŝĞ͘

Houtvloer deur Mark Nel van De Oude Schuur


Stoele oorgetrek deur
Supreme Upholstery
Free download pdf