Tuis. 08

(Tuis.) #1

In Peter Rimell se tuin is die werk nooit klaar


nie. Ná dertien jaar van tuinmaak is hy steeds


aan die verander ...


Peter ’n vryskutfotograaf vertel met dié foto’s sy tuin se
storie. Die Rimells se huis is meer as 200 jaar oud; hiervan
getuig die kleibakstene in die oorspronklike gebou se kern.
Oor die jare is baie aanbouings en byvoegings tot die huis
en tuin gedoen maar dit het steeds ’n wonderlik
ouwêreldse atmosfeer – iets wat Peter ook in die tuin
probeer behou.
“Ons is gelukkig dat hier ’n paar groot gevestigde bome


was toe ons ingetrek het” gesels
hy. “Ek wens net meer van hulle was
inheems. Dié bome asook die bloureën wat in hulle
opgroei en in die lente oortrek is met pers blomme dra
alles by tot die wonderlike gevoel van ons tuin. Ek het ook
’n ou put op die erf ontdek dit skoongemaak en nuwe
lewe daarin geblaas. Daar’s nie veel water in nie maar
elke druppel tel.” >>

Die bedding op die sypaadjie is beplant van steggies en plante wat Peter verdeel
het. Hier groei onder meer malvas aalwyne suurvy en rotstuinsalie. Hoe meer
inheemse plante Peter in die tuin plant hoe meer lewe lok dit. Daar is ’n groot
verskeidenheid voëls; selfs drie gevlekte ooruile het hulle hier tuisgemaak (regs)!
Free download pdf